Landbouweekblad

RAM BEHAAL REKORDPRYS

- — THEUNS BOTHA

Op die eerste Innibos-veiling op Polokwane is van die hoogste pryse in die geskiedeni­s vir Kalahari Reds betaal. Mnr. Anton Bothma het ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys behaal toe een van sy ramme teen R132 000 verkoop is. Die koper was die Kleinbegin-stoetery van mnr. Zander Deyzel, ook van Polokwane.

Die gemiddelde prys vir kudderamme op die veiling was R28 600 stuk, terwyl stoetramme teen gemiddeld R35 615 stuk verkoop is. Stoetooie is teen gemiddeld R14 615 stuk verkoop en kudde-ooie het gemiddeld R8 659 stuk behaal. Die hoogste prys vir ’n Kalahari Red-stoetooi op die veiling was R36 000. Die koper was mnr. Peter en me. Dee Kirby van Botswana.

Op die produksiev­eiling van mnr. Lukas Burger op 20 September, waartydens 40 SA Boerbokram­me en 60 ooie in Kimberley aangebied is, was die gemiddelde prys vir ramme R24 472 stuk en vir ooie R14 692 stuk. Die beste prys op die veiling was R160 000 vir ’n Suid-Afrikaanse Boerbokram wat deur mnr. Barry Strydom gekoop is.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? By die ram wat teen ’n rekordprys van R132 000 verkoop is, is (van links) mnre. Corné du Plessis, afslaer, Rickus en Anton Bothma, verkopers,ZanderDeyz­el,koper, en Ian Brown van André Kock en Seun Afslaers.
FOTO: VERSKAF By die ram wat teen ’n rekordprys van R132 000 verkoop is, is (van links) mnre. Corné du Plessis, afslaer, Rickus en Anton Bothma, verkopers,ZanderDeyz­el,koper, en Ian Brown van André Kock en Seun Afslaers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa