Landbouweekblad

MNR. BERNARD RABÉ

-

WIE IS JOU MENTOR?

Ek het maar grootgewor­d op die plaas, en ek, my pa en my broer het tien jaar lank saamgeboer. Wat boerdery betref, kom dit hoofsaakli­k van my pa af. Hy werk baie presies. Tot waar ons as familie gekom het, is dit deur sy werk en sy presieswer­k, veral op syfers en papierwerk.

WAT IS JOU BESTE BOERDERYBE­SLUIT NOG?

Een van die beste langtermyn­besluite was om werklik die beskikbare tegnologie te gebruik tot voordeel van die boerdery. Tegnologie kan jou ook aftrek en jy kan baie betaal vir tegnologie wat vir jou niks beteken nie. Daarom het ek ’n doelbewust­e besluit gemaak om te belê in tegnologie wat tot die beste voordeel van my boerdery is.

EN WATTER BOERDERYFO­UTE HET JY BEGAAN?

Om alles vir almal te probeer wees. Jy gaan moet besluit waarop jy jouself wil toespits, hetsy dit mielies, ’n voerkraal, hoenders of enige ander tipe boerdery is. Jy moet iewers besluit: Waar pas jy in? My grootste fout was om in hoenders te belê. Ek kon uiteindeli­k nie genoeg aandag aan al die vertakking­s gee nie, en ons moes die hoenderboe­rdery laat vaar.

 ??  ?? Vanjaar se wenner in die westelike produksieg­ebied vir mielies en sojabone is mnr. Bernard Rabé van Fochville. Hy voel dat presisiebo­erdery en ’n nougesette fokus op akkuraathe­id die deurslag in ’n boerdery gee. Hier staan Bernard (middel) by mnre....
Vanjaar se wenner in die westelike produksieg­ebied vir mielies en sojabone is mnr. Bernard Rabé van Fochville. Hy voel dat presisiebo­erdery en ’n nougesette fokus op akkuraathe­id die deurslag in ’n boerdery gee. Hier staan Bernard (middel) by mnre....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa