KORTOM
Die winsgewende handelsmerk Pink Lady word só goed bestuur dat die geld terugvloei plaas toe, ondanks stewige heffings wat appelboere moet betaal. Dié appels verdien van 30% tot 35% meer in Europa as konvensionele appelkultivars. Duur tegnologie word gebruik om eenvormigheid en gehalte te handhaaf en produktiwiteit te verstewig.