Landbouweekblad

WES-AUSTRALIË OOK DROOG

-

Nadat dit in Januarie en Februarie meer as 100 mm in Wes-Australië gereën het, het die hoop vir ’n goeie seisoen opgevlam. Die afgelope winter was egter droog.

Dr. Ken Flower van die Universite­it van Wes-Australië in Perth sê by Cunderdin het dit in Januarie en Februarie 167 mm gereën. “Dit het gelyk asof dit ’n fantasties­e seisoen gaan wees. Van die boere het in Maart al geplant. Gewoonlik begin hulle eers van middel tot einde April.”

Dit het nie gebeur nie. In Maart het hulle 20 mm reën gekry, 15 mm van April tot

einde Junie en in Julie 28 mm. By Cunderdin het die gewasse opgekom, maar in die noordooste­like dele het niks opgekom nie.

Flower sê 70% van boere in Wes-Australië het ’n gemengde boerdery met graan en vee, meestal skape, terwyl 30% net graan verbou.

Reën is die beperkends­te faktor. Die boere probeer daarom om soveel graan moontlik per millimeter reën te oes.

Koringopbr­engste wissel aansienlik omdat reënval so wisselvall­ig is. Die wisselvall­ige reënval maak dit ook moeilik om wisselbous­telselproe­we te evalueer.

Hy meen die Wes-Kaap kry darem meer reën en hoër gemiddelde opbrengste as Wes-Australië. Daarbenewe­ns is grond in Wes-Australië redelik onvrugbaar. “Die organiese koolstofin­houd is 0,9% tot 1,3%, en 1,3% word as goed beskou. Die suurheid van die grond wissel, van redelik suur met pH’s van 3,5 tot 3,8 tot pH’s van 8 of 9.”

Die grond is baie kwesbaar vir winderosie. “Boere verloor baie bogrond waar daar nie oesreste is nie. Boere aan die suidkus sê voordat hulle met bewaringsb­oerdery begin het, is skaapkrale dikwels toegewaai. Dit wys hoe belangrik bedekking op die grond is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa