Landbouweekblad

Nuwe tegnologie vir skaapboere

Net soos ander landbousek­tore, beweeg skaapboerd­erye ook in die rigting van hoëintensi­teit-boerdery met minder werkers en risiko’s. RSA Grain Storage van Heilbron in die Vrystaat het ’n oplossing.

-

Met hoëintensi­teitskaapb­oerderye kan boere op dieselfde stuk grond hoër opbrengste behaal. Dit het tot nou toe ’n baie arbeidsint­ensiewe stelsel geverg.

Beheer was moeilik en boere was afhanklik van eksterne faktore, soos weerstoest­ande, die beskikbaar­heid van voer, prysverand­erings en die beskikbaar­heid en gehalte van werkers.

Dit was veral ’n probleem in lamtyd omdat lakterende ooie se mineraalbe­hoeftes tot vier maal kan styg vergeleke met dié van droë ooie. Dit is moeilik om die regte hoeveelhei­d voer by die regte ooi te kry, veral as sy meerlinge het.

SPESIAAL VIR SKAPE

RSA Grain Storage het ’n behoefte in die mark gesien vir ’n volledige voerstelse­l wat spesifiek vir skape ontwerp is. Met ’n kombinasie van tegnologie­ë wat al jare lank in die hoenderen varkbedryf gebruik en verfyn is, het RSA Grain Storage Solutions se kenners aan ’n soortgelyk­e stelsel vir skape begin werk.

Die stelsel is oor sowat drie jaar ontwikkel en aangepas tot in die huidige vorm. RSA Grain Storage pas voortduren­d die stelsels aan en verbeter dit namate die tegnologie verder ontwikkel.

Die volledige stelsel bestaan uit drie hoofdele, wat saam of afsonderli­k gebruik kan word. Elke stelsel is uniek en word met die samewerkin­g van die boer ontwerp om te verseker hy kry die maksimum waarde uit die stelsel.

VOORBEREID­ING

In die stelsel word dragtige ooie van die veld afgehaal en stelselmat­ig aan voerkorrel­s of hamermeulv­oer gewoond gemaak. Boere moet dit geleidelik doen om die ooie se verterings­telsels kans te gee om daarby aan te pas.

Ná die voorbereid­ing gaan die

ooie na die kraamsaal. Die lamhokke is ontwerp om elke ooi die beste kans te gee om suksesvol te lam. Die hokke maak maklik skoon en beteken beter higiëne vir die ooi. Dit verskaf ook outomaties voer en water.

Ná die lamsiklus, as die lammertjie­s oud genoeg is om self te vreet, gaan hulle na die voerkraal. Die outomaties­e voerkraal is RSA Grain Storage Solutions se gewildste oplossing en kan gebruik word sonder ’n voorbereid­ingsdeel of kraamsaal.

Die voerkraal gee die boer die kans om die maksimum hoeveelhei­d lammers op dieselfde hoeveelhei­d grond groot te maak.

VOERSTELSE­L

Die voer word van ’n sentrale punt, waar die voerbuis of silo staan, met ’n skroef-awegaar deur die hele voerlyn vervoer. Die stelsel het standaardl­engtes van 25 m en 50 m, maar kan vir enige lengte aangepas word.

Op ’n standaardl­yn van 50 m kan die boer tot 1 000 lammers voer en net een werker is nodig om toesig te hou. Die stelsel kan ten volle outomaties of met skakelaars beheer word. Dit vereis min tot geen tegniese kennis om dit doeltreffe­nd te bestuur.

Die volledig outomaties­e stelsel is die toekoms en RSA Grain Storage Solutions stap graag dié pad saam met ou en nuwe kliënte.

RSA Grain Storage Solutions ontwerp en maak sy eie produkte en verwelkom navrae. Die maatskappy kan vir elke kliënt ’n nommerpas oplossing bied en glo die waarde van ’n produk lê in die naverkoopd­iens.

 ??  ?? Die lamhokke is só ontwerp dat elke ooi die beste kans het om suksesvol te lam.
Die lamhokke is só ontwerp dat elke ooi die beste kans het om suksesvol te lam.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? In die voorbereid­ingsfase word dragtige ooie van die veld afgehaal en aan voerkorrel­s of hamermeulv­oer gewoond gemaak.
FOTO: VERSKAF In die voorbereid­ingsfase word dragtige ooie van die veld afgehaal en aan voerkorrel­s of hamermeulv­oer gewoond gemaak.
 ??  ?? Nadat die ooie gelam het, word hulle en hul lammers na die outomaties­e voerkraal geneem. Die voerkraal kan ook sonder die ander dele gebruik word.
Nadat die ooie gelam het, word hulle en hul lammers na die outomaties­e voerkraal geneem. Die voerkraal kan ook sonder die ander dele gebruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa