Landbouweekblad

WELTEVREDE SE VYETERT

-

Kors

125 g botter 375 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 250 ml strooisuik­er

Vyevulsel

10-14 vars of bevrore vye 5 ml kaneel 90 ml versiersui­ker

Vlavulsel

250 ml room 2 eiergele Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n middelslag-losboomter­tpan of 6-8 klein tertpannet­jies met kleefweren­de kossproei.

Smelt die botter. Meng die meel, bakpoeier en strooisuik­er saam in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die meel, gooi die gesmelte botter by en meng deeglik tot deeg.

Druk die kors in die gesmeerde tertpan of pannetjie op die bodem en teen die kante vas.

Sny die vye in kwarte of agtstes en rangskik dit in die tertkors. Meng die versiersui­ker en kaneel en sif die mengsel oor die vye. Bak vir 15 minute. Haal uit die oond. Klits die room en eiergeel saam en giet versigtig oor die vye in die tertkors. Sit dit terug in die oond en bak vir nog 15 minute, of tot die vlavulsel gestol en goudbruin is. Laat afkoel en sit voor met dik room. Lewer 8 porsies (of 6-8 individuel­e tertjies).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa