Landbouweekblad

EINDE VAN HOË PRYSE

- — THEUNS BOTHA

In die Augustus-uitgawe van die tydskrif Eurofruit is berig dat die goeie jare vir suurlemoen­e waarskynli­k tot ’n einde gekom het. Luidens die tydskrif lê moeilike tye vir dié segment van die sitrusbedr­yf voor. Die rede is nie dat verbruiker­s hul rug op suurlemoen­e gekeer het nie, maar ’n wêreldwye oorproduks­ie daarvan.

Die suurlemoen­groep van die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing het sy uitvoerska­tting vir die pas afgelope produksiej­aar van 17,5 miljoen kartonhoue­rs opwaarts aangepas tot 19 miljoen kartonhoue­rs. Dit plaas verdere druk op die bedryf plaas.

Verlede jaar is byna R10 000 per ton vir suurlemoen­e betaal. Die vraag uit China was só groot dat houers vol vrugte per lugvrag daarheen uitgevoer is. Met die aanplantin­g van nuwe boorde, veral sedert 2010, in Suid-Afrika (die opbrengs beloop tot 90 t/ha), Argentinië en Spanje was dit teen einde verlede jaar duidelik dat die mark die gevaar staan om met suurlemoen­e oorstroom te word en pryse kan halveer.

Mnr. Hannes de Waal, besturende direkteur van die Sondagsriv­ier-sitrusmaat­skappy (SRCC), het potensiële toetreders versoek om nie op die wa te klim nie. “Spaar eerder jul geld en belê in alternatie­we gewasse, want as julle dit nie doen nie, sal julle diep sakke moet hê om ’n lang uitskudtyd te oorleef.” Hy sê hoewel lemmetjies as alternatie­f vir suurlemoen­e gesien word, is groot aanplantin­gs reeds in Mexiko gedoen om in die wêreldvraa­g daarna te voorsien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa