Landbouweekblad

PRYS TOON VOORSPELBA­RE SIKLUS

- — JASPER RAATS

Grenadella­s se pryse volg vanjaar dieselfde siklus as vorige jare, sê mnr. Kosie Eloff, wat met dié vrug op Soekmekaar tussen Tzaneen en Louis Trichardt boer. Eloff hou al die afgelope 20 jaar lank boek wat wys hoe grenadella­s se pryse oor die jaar wissel. In die winter, tot en met Oktober, is die pryse geneig om goed te wees omdat die aanbod klein is.

Eloff sê dit is omdat die grenadella­plant in die winter nie so baie blom nie. Vanaf Oktober verlangsaa­m die prys egter namate die aanbod toeneem. In Desember is dit soms nie meer die moeite werd om vrugte oor lang afstande mark toe te stuur nie.

Eloff verpulp dan eerder sy vrugte op die plaas en bemark die bevrore produk. “Dit is hartseer om topvrugte te verpulp, maar dit help darem dat ’n mens lae pryse oorleef deur minstens gelyk te speel,” sê hy.

Hy sê teen Maart of April begin pryse gewoonlik weer beter lyk op die plaaslike mark.

Eloff sê hoewel daar boere is wat grenadella­s uitvoer, verkies hy om op die plaaslike mark klem te lê omdat daar nie regtig swamdoders vir grenadella­s geregistre­er is nie. Dit is dus moeilik en moontlik baie duur om met grenadella­s aan Global Gappvereis­tes te voldoen, terwyl daar veilige middels is om te gebruik vir die plaaslike mark waar Global Gapp nie ’n vereiste is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa