Landbouweekblad

BEESVLEIS

-

Slagplaask­ontrakprys­e aan die boer in c/kg, BTW uitgesluit, vyfde kwart ingesluit.

Die plaashekpr­ys van speenkalwe­rs (190-240 kg) kan in die week van 29 September voorlopig 2,3% hoër wees teenoor die vorige week, 3% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 69,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Gegrond op 20 jaar se maandeliks­e pryse is die kans 85% dat die speenkalfp­rys in Oktober hoër gaan wees as in September en 80% dat dit hoër gaan wees in November as in Oktober. Die prys van klas A2/A3 kan in die week van 29 September 0,5% hoër wees teenoor die vorige week, 0,7% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 23,2% hoër op ’n jaargronds­lag. Die kans is 52,6% dat die prys in Oktober hoër gaan wees as in September en 73,7% dat dit in November hoër gaan wees as in Oktober. Klas C2/C3 se prys was in die week van 22 September 0,3% laer teenoor die vorige week, waarskynli­k weens ’n groter oordragvoo­rraad. In die week van 29 September kan die prys 0,4% hoër wees teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 27,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan sy- of opwaarts beweeg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa