Landbouweekblad

VARKVLEIS

-

Slagplaask­ontrakprys­e (c/kg, BTW uitgesluit)

In die week van 22 September was die prys van spekvarke 1,6% hoër teenoor die vorige week. Voorlopig kan die prys in die week van 29 September 0,5% hoër wees teenoor die vorige week, 4,3% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 17,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan in die komende twee weke sy- of opwaarts beweeg vanweë ’n groter vraag. Gegrond op 20 jaar se pryse is die kans 95% dat die prys in Oktober hoër gaan wees as in September en 95% dat dit in November hoër gaan wees as in Oktober. In die week van 22 September was die prys van vleisvarke 1,8% hoër teenoor die vorige week, waarskynli­k danksy ’n kleiner oordragvoo­rraad vanweë ’n groter vraag. In die week van 29 September kan die prys 1,1% laer wees teenoor die vorige week, 10,8% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 18,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan in die volgende twee weke sy- of opwaarts beweeg danksy ’n groter vraag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa