Landbouweekblad

BRAAIHOEND­ERS

-

(Abattoirve­rkooppryse aan die handel, BTW uitgesluit)

Die abattoirve­rkoopsprys van be

vrore braaihoend­ers was in die week van 29 September 0,2% laer teenoor die vorige week, 1,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 20,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg. Die kans is 95% dat die prys in Oktober hoër gaan wees as in September en 75% dat dit in November hoër gaan wees as in Oktober. Vars braaihoend­ers se prys was 0,2% laer teenoor die vorige week, 1,1% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 18,1% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan sy- of opwaarts beweeg. Die kans is 93,8% dat die prys in Oktober hoër gaan wees as in September en 87,5% dat dit in November hoër gaan wees as in Oktober. Die prys van kitsbevror­e stukke was 0,9% laer teenoor die vorige week, 0,7% laer teenoor ’n maand gelede en 24,2% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan in die volgende twee weke daal.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa