Landbouweekblad

HET JY GEHOOR?

-

'Ons het besef ons kan nie so aangaan nie.'

MNR. ACHMAT BRINKHUIS, voorsitter van die SA Pluimveeve­reniging, oor die bedryf se besluit om verskille eenkant te skuif in die belang van groter verteenwoo­rdiging in die vereniging. Bl. 20

‘Geen arbitrêre aftrekking­s kan gemaak word bloot omdat die grond vir grondhervo­rmingsdoel­eindes onteien word nie.’

MNR. ERNEST PRINGLE, voorsitter van Agri SA se grondkomit­ee, oor die Appèlhof se beslissing dat die Grondeiseh­of nie die vergoeding­sbedrag van ’n plaas kon verminder bloot omdat dit vir grondhervo­rming bedoel is nie. Bl. 14

‘In die Oos-Vrystaat lyk die koring goed, veral met reën wat nou val, maar die koring is nog baie jonk.’

MNR. CORNÉ LOUW, senior ekonoom by Graan SA, oor die koringoes. Bl. 22

‘Daarom weet ons ’n prysverhog­ing van 2% sal boere uiteindeli­k na bankrotska­p stuur.’

MNR. RICHARD RUSTON, besturende direkteur van Distell, oor van die redes vir die maatskappy se herbesinni­ng oor betaling aan boere wat aan Distell lewer. Bl. 16

‘Dit kan hoër besoedelin­gsvlakke meebring as wat vir voedselpro­duksie toelaatbaa­r is.’

MNR. JOHAN VAN STRYP van Agri Limpopo, oor die uitwerking wat twee beoogde kragstasie­s op die Loskopdam se water kan hê. Bl. 18

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa