Landbouweekblad

Briewe

-

Die berig “Hier wil staat plase onteien” (LBW, 29 September) oor die ses plase wat moontlik onteien gaan word, het weer ’n vraag by my laat opkom wat al lank in my kop draai. (Verskoon my asseblief indien ek dalk die antwoord iewers gemis het.)

Waar mense deur regstellen­de aksie hul werk verloor, word hulle vergoed vir hul “opoffering”. Skeidingsp­akkette word aangebied om te vergoed vir die mens se verlies aan inkomste, ensovoorts. Die pakkette word bereken teen minstens twee weke se salaris vir elke jaar diens (teen die huidige salarisska­al). Hulle word dalk uitbetaal tot by aftree-ouderdom om hul pensioen te beskerm en word “ingekoop” by mediese skemas.

In die geval van boere word ’n waardasie van die grond gedoen en die boer moet dit aanvaar. Dit is bloot vergoeding vir sy eiendom (indien die waardasie regverdig is), maar wat kry hy vir sy verlies aan inkomste of vir sy jare “diens”?

Die sommetjie is nie so eenvoudig nie omdat ander faktore in die landbou geld. Byvoorbeel­d, die inkomste is dalk tans nie wat dit kan wees wanneer bome in volle produksie kom nie. Daar kan ook infrastruk­tuur wees wat nog nie ’n opbrengs op die belegging daarin gelewer het nie.

Word daar na die boer gekyk wanneer sy grond gekoop of onteien word?

Almal skree “menseregte” indien iemand te na gekom word. Word die boer nog as ’n mens gesien? Wat van sy opoffering­s, sy risiko’s, sy inisiatief om ’n plaas of ondernemin­g te vestig, sy inkomste en sy toekomsdro­me wat van hom ontneem word?

Verdien die boer nie ook vergoeding vir sy harde werk nie? Wat van sy “pensioen”, wat in baie gevalle in sy plaas opgesluit is, en sy mediese versorging in die toekoms? Waar gaan hy woon, kan hy dit bekostig om weer grond te koop en is hy fisiek in staat om weer iets op te bou?

Of word hy beskou as iemand wat maar geviktimis­eer kan word? Dié vrae bly opkom . . . ERNST VOGT Brief per e-pos ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa