Landbouweekblad

Skade in Wes-Kaap sal R1 miljard oorskry

- — JOYLENE VAN WYK

PRODUKSIEV­ERLIESE in die Wes-Kaap weens die uitbreking van die hoogs aansteekli­ke H5N8-pluimveevi­rus beloop reeds meer as R800 miljoen, en dit sal waarskynli­k jare kos om van die langtermyn­gevolge te herstel.

Meer as 2 miljoen hoenders moes van kant gemaak en eiers vernietig word in ’n poging om die verdere verspreidi­ng van die virus te bekamp.

Daar was altesaam 36 uitbreking­s in die provinsie en 70 volstruisp­lase is ook onder kwarantyn geplaas, met die jongste geval teen druktyd by World of Birds in Houtbaai, met 2 500 voëls, waar ’n hoender positief vir die virus getoets het. Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van landbou, het gesê dié provinsie is die swaarste getref deur die uitbreking omdat dit die Wes-Kaap in die Paardeberg-gebied getref het, wat die hoogste konsentras­ie hoenderpla­se het.

Daar was ook reeds uitbreking­s van die virus in Mpumalanga, die

Oos-Kaap, Gauteng, KwaZuluNat­al en Noordwes.

VERGOEDING

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye praat nog met belanghebb­endes in die bedryf om te bepaal hoe om die verdere verspreidi­ng te bekamp. Die hoenderbed­ryf het die departemen­t reeds genader oor die moontlikhe­id van inenting.

Teen druktyd het die departemen­t nog nie riglyne bekend gemaak oor vergoeding aan produsente wat gesonde voëls van kant moes maak nie.

Wes-Kaapse landbou-ekonome het begin om die moontlike ekonomiese skade van die virus te bereken. Hulle meen konserwati­ef

bereken was die geraamde verlies aan hoenders en eiers ongeveer R800 miljoen. Arbeidskos­te en materiaal vir komposprod­uksie is nog nie eens bygetel nie.

Mnr. Louw Pienaar, senior landbou-ekonoom by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, sê die algehele ekonomiese impak sal baie meer beduidend wees omdat baie van die plase hul inkomste op die lange duur sal verloor weens die kwarantyn beperkinge wat ingestel is. Daar word verwag dat die prys van eiers op kort termyn matig sal styg tot sowat R20 per dosyn. Die 900 000 huishoudin­gs in die provinsie wat op eiers as basiese proteïen staatmaak, sal die ergste getref word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa