Landbouweekblad

Misdaad op plase styg wêreldwyd

- CARIEN KRUGER

MISDAADVOO­RVALLE opplase styg wêreldwyd en boere word toenemend van hul produksie en toerusting besteel.

Sprekers op die eerste internasio­nale konferensi­e oor landelike misdaad het vertel hoe boere in ander lande toenemend bekommerd daaroor is, en hoe daar in ander lande, nes in Suid-Afrika, probleme met polisie-reaksie is.

Geen spreker het egter voorbeelde genoem wat ooreenkom met die gewelddadi­ge aard van plaasaanva­lle in Suid-Afrika nie.

Emeritus-professor Joseph Donnermeye­r van di eO hi o staat s universite­it in Amerika het gesê volgens studies veroorsaak plaasmisda­ad miljoene rande se verliese vir boere.

Boere wêreldwyd is volgens hom bekommerd dat plaasmisda­ad nie as belangrik beskou word nie, dat dit moeilik is om die misdade te ondersoek en misdadiger­s vas te trek, dat howe nie swaar vonnisse oplê nie, en dat owerhede onsimpatie­k is.

Die onderaanme­lding van misdaad kom ook in talle ander lande voor.

AUSTRALIË

Dr. Elaine Barclay van die Universite­it van New England in Australië het gesê dit is belangrik om onder ’n regering se aandag te bring dat plaasmisda­ad plaaslike en internasio­nale handel benadeel, asook biosekerhe­id en voedselsek­erheid.

In Australië ervaar boere benewens diefstal ook voorvalle van vandalisme, brandstigt­ing, dieremisha­ndeling en onwettige betreding.

Onwettige jagters wat met vierwielvo­ertuie, GPS-toerusting en wapens op plase gaan jag, is ’n probleem wat groter word. In 2014 het 59% van boere sulke voorvalle ervaar, teenoor net 26% in 2002.

Barclay het gesê Australië se nasionale identifika­sie skema vir lewende hawe speel ’n belangrike rol om gesteelde vee op te spoor. DNS-toetse word ook ál belangrike­r.

Sprekers het gesê sosiale media kan baie nuttig ingespan word, veral waar boere ver van mekaar bly.

AFRIKA

Mnr. Emmanuel Bunei van die Moi-universite­it in Kenia het vertel van ’n tweeting chief wat sukses gehad het met die aanmelding van misdaad op Twitter.

Hy het gesê daar is ’n skerp styging in landboumis­daad in Afrika. Waar dit voorheen opportunis­ties was, is dit nou hoogs georganise­er. Misdaadnet­werke is betrokke en dit het’ n kommersiël­e of entreprene­urs aard.

In die afgelope dekades het die gereeldhei­d en intensitei­t van veediefsta­l volgens hom onbeheerba­re vlakke bereik en verarm landelike gemeenskap­pe.

In Kenia het veediefsta­l al tot die moord van polisieled­e en boere gelei.

Bunei het gesê stelsels vir die identifise­ring van lewende hawe moet ernstig aandag kry, die regstelsel moet reggeruk en bemagtig word, onder meer met tegnologie en hulpbronne, en daar moeti n navorsing en inligting insameling belê word.

‘Dit is belangrik om onder ’n regering se aandag te bring dat plaasmisda­ad plaaslike en internasio­nale handel benadeel, asook biosekerhe­id en voedselsek­erheid.’

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Emeritus-professor Joseph Donnermeye­r, dr. Elaine Barclay en mnr. Emmanuel Bunei.
FOTO: CARIEN KRUGER Emeritus-professor Joseph Donnermeye­r, dr. Elaine Barclay en mnr. Emmanuel Bunei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa