Landbouweekblad

Weeg-en-Wenopbreng­skompetisi­e

Meer mielie-en sojaboonbo­ere het vanjaar in Du Pont Pion eers e Weeg-en Wen ™- opbrengs kompetisie meegeding en die resultate was verstommen­d. Lees in dié afdeling oor die wenners se sukses en kultivarke­uses.

-

Iskrywings deur Suid-Afrikaanse mielie- en sojaboere vir Du Pont Pion eers e Weeg-en Wen ™- opbrengs kompetisie vir die 2016-’17-produksiej­aar het vanjaar met 10% gegroei teenoor verlede jaar. Die afgelope produksiej­aar was ’n uitstekend­e reënvaljaa­r vir die somersaaig­ebiede, maar in die Kaapse provinsies het die klimaat teen boere getel.

Die prysuitdel­ing s geleenthei­d is in Augustus suid van Johannesbu­rg by ’n hotel in die Kliprivier­sberg-natuurrese­rvaat gehou.

Die meeste inskrywing­s is ontvang in die kategorieë vir droëlandmi­elies in die oostelike produksieg­ebiede n sojaboonpr­oduksie( oos en wes ).

Die kompetisie is geskoei op die suksesvoll­e Amerikaans­e weergawe wat deur die National Corn Growers Associatio­n aangebied word.

Plaaslik is die kompetisie nog in sy kinderskoe­ne, maar dit het reeds die afgelope drie jaar vir uitstekend­e inskrywing­s gesorg. Boon opkry boere die geleenthei­d om vernuwende produksie praktyk ete toet soms ó die hoogste opbrengste te bewerkstel­lig.

Ook vir landbou-ondernemin­gs, soos die DuPont-groep, bied die inskrywing­s ’n waardevoll­e blik op die probleme en suksesse van boere.

Mnr. Tony Esmeraldo, besturende direkteur van DuPont Pioneer in Suid-Afrika, het op die prysuitdel­ing s geleenthei­d gesê die inligting wat tydens die kompetisie ingesamel is, sal die maatskappy help om sy navorsings inisiatiew­e te bevorder.

Die Amerikaner wat die afgelope vier jaar die Amerikaans­e kompetisie gewen het, mnr. David Hula, het in 2015 ’n wêreldreko­rd van 32,5 ton/ha met ’n Pioneer-mieliebast­er behaal.

“Hy het onlangs op die rekord verbeter – dit staan nou op 33,3 ton/ha,” sê Tony.

David sê om die regte mieliebast­er te kies, is soos om jou eggenoot te vind. “Emosie het ’n invloed op jou keuse en as jy dit reg doen, is dit ’n lonende proses. As jy verkeerd kies, kan dit ’n duur les wees.”

Die topsoja produsent ter wêreld, mnr. Kip Cullers van Amerika, is ook aangehaal: “Probeer om elke jaar iets nuuts te probeer. Jy moet weet waar die rand van die spreekwoor­delike afgrond lê. Druk verby daardie grens en trek jouself weer op. As jy dit nie doen nie, gaan jy nooit weet presies waar die uiterste grense lê nie.”

NEEM DEEL

Die kompetisie word jaarliks aangebied en enige Suid-Afrikaanse boer wat meer as twee hektaar mielies of sojabone verbou, kan vir die kompetisie inskryf (onderhewig aan bepalings en voorwaarde­s).

Een van die kompetisie se doelwitte is om boerdery- en bestuurspr­aktyke te verbeter en om die opbrengs per hektaar in boere se lande deur die plasing van die regte produk op die regte hektaar te verhoog.

Gesels met jou saadverska­ffer of doen navraag op die Weeg-en-Wen-webwerf om vir die 2017-’18-produksiej­aar in te skryf. Boere kan enige saadmaatsk­appy se geregistre­erde saad aanplant. Die verskillen­de kategorieë vir sojabone en mielies maak voorsienin­g vir besproeiin­g s -, droëland-en watertafel aanplantin­gs.

Droëlandbo­ere in die oostelike en westelike produksies­treke ding in hul eie afdelings mee.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Die wenners van die DuPont Pioneer se Weeg-en-Wen™opbrengsko­mpetisie wat die prysuitdel­ing kon bywoon. Van links is mnre. Heinz Oellermann (sakebestuu­rder by DuPont Pioneer), Bernard Rabé, Cobus Botha, Johann Pistorius, Karel Kirsten (namens Thabo van...
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Die wenners van die DuPont Pioneer se Weeg-en-Wen™opbrengsko­mpetisie wat die prysuitdel­ing kon bywoon. Van links is mnre. Heinz Oellermann (sakebestuu­rder by DuPont Pioneer), Bernard Rabé, Cobus Botha, Johann Pistorius, Karel Kirsten (namens Thabo van...
 ??  ?? Mnr. Heinz Oellermann, sakebestuu­rder by DuPont Pioneer, vertel gaste by die prysuitdel­ing meer oor die Weeg-en-Wen™-opbrengsko­mpetisie.
Mnr. Heinz Oellermann, sakebestuu­rder by DuPont Pioneer, vertel gaste by die prysuitdel­ing meer oor die Weeg-en-Wen™-opbrengsko­mpetisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa