Landbouweekblad

Somerreën: Vooruitsig­te lyk goed

- — AMELIA GENIS

Dis nog vroeg, maar klimatoloë en weerkundig­es sê die kans op reën oor die somersaai- én somerweige­biede lyk goed.

Volgens mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou, lyk dit asof die land in ’n swak La Niña-fase inbeweeg. “Dit voorspel gemiddelde tot bogemiddel­de reën oor die somerreëng­ebied.”

Hys ê die stand van die Indiese Oseaan kan nog sake deurmekaar­krap, maar wat gewoonlik met ’n La Niña-stelsel gebeur, is dat dit van Desember af reën oor die sentrale en westelike dele van die land – die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap – kan bring.

Ook prof. Willem Landman van die Universite­it van Pretoria, sê hy verwag ’n swak La Niña-stelsel, wat gewoonlik beteken dat die grootste deel van die lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap goeie somerreën kry.

“Ons kan egter nie ons besluite net op die voorkoms van La Niña of El Niño laat berus nie. Daar is ook modelle van die Universite­it van Pretoria, die internasio­nale navorsings­instituut vir klimaat en samelewing (IRI) in Amerika én die Japannese agentskap vir see- en aardwetens­kap en -tegnologie (Jamstec) wat wys dat die noordooste van Suid-Afrika en die suide van Zimbabawe van Desember tot Februarie droër kan wees.”

SAAITYD KOM

Goeie reën het kort voor druktyd (Donderdag 5 Oktober) wyd oor die somersaaig­ebiede uitgesak. Boere het laat weet daar het van 20 mm tot 25 mm by Hertzogvil­le geval, 20 mm by Hoopstad, 22 mm by Clocolan, van 20 mm tot 40 mm in die Bloemfonte­in-omgewing, 20 mm by Bultfontei­n en van 20 mm tot 30 mm by Wesselsbro­n. By Fouriesbur­g het daar om en by 32 mm geval.

Hou Landbouwee­kblad en Landbou.com dop vir meer onlangse inligting oor die reën. As dit goed by jou gereën het, laat weet ons op WhatsApp by 063 720 3632.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa