Landbouweekblad

Selekteer skaap só vir groter wins

In die slotaflewe­ring van die reeks oor presisiebo­erdery gee dr. Jasper Coetzee, bestuurspe­sialiskons­ultant, raad oor presies hoe jy vir groter wins moet selekteer. Kies ook aan die hand van dié faktore ’n produksies­telsel wat jou omstandigh­ede soos ’n ha

-

Skaapprodu­sente – soos in ander landbouver­takkings – gaan in die toekoms minder word. Dié wat oorbly, gaan egter produktiew­er en doeltreffe­nder wees om mededingen­d te bly. Volgens dr. Jasper Coetzee, spesialisk­onsultant oor skaapvoedi­ng en -bestuur, is die boodskap uit navorsing en arbeidsbeh­oeftes duidelik: Die huidige geheelbest­uur van kuddes gaan deur presisiebo­erderyprak­tyke na die individuel­e bestuur van diere beweeg.

PRESISIESE­LEKSIE

Identifise­er die sleutel-produksie-eienskappe wat wins aandryf sodat ’n teeldoelwi­t vasgestel kan word. “’n Teeldoelwi­t kan byvoorbeel­d wees dat die ooi minstens haar eie gewig in kilogram lam op die ouderdom van 100 dae speen, asook minstens 8% van haar liggaamsge­wig in kilogram wol per jaar,” sê Jasper.

Van dié ekonomiese eienskappe sluit in

groei, reproduksi­e, vagmassa, veseldikte of -lengte en lamgewig gespeen.

As die genetiese profiel van die ooie bekend is, kan korrektiew­e paring met spesifieke teelramme gedoen word om spesifieke ekonomiese eienskappe te verbeter. “As ’n produsent sy kudde se toekomstig­e reproduksi­e wil verhoog, sal daar by teelramme meer klem gelê word op die teelwaarde vir getal lammers gespeen.”

Die ooinagesla­g van teelramme wat ’n hoër maternale teelwaarde vir speengewig het, sal swaarder lammers speen vanweë hul hoër melkproduk­sie en beter lamgrootma­akvermoë.

“Moet egter nie vir net een eienskap selekteer nie,” waarsku hy. “Sorg dat die teelwaarde­s vir al die ander eienskappe in balans is.”

’n Fout wat baie skaapboere maak, is om eerder vir mooier diere as doeltreffe­nder diere te selekteer. Verkeerde seleksiepr­aktyke veroorsaak lae reproduksi­e en produksie. “Om die winsgewend­heid van ’n skaapboerd­ery te verhoog, moet die genetiese potensiaal van ’n kudde gemaksimal­iseer word deur wetenskapl­ike seleksieme­todes vir ekonomies belangrike kenmerke, soos meerlingge­boortes, groeitempo, voeromsett­ingsverhou­ding (VOV), wolproduks­ie en laer veseldikte. Ongeag hoe goed die prestasie van ’n kudde is, kan dit steeds deur seleksie verbeter word.”

HOOFSELEKS­IEFAKTORE

Die winsgewend­ste produsente besef ál meer dat skape op grond van ekonomiese eienskappe en doeltreffe­ndheid geselektee­r moet word en dat die tradisione­le hand-en-oogmetode alleen (fenotipies­e seleksie) nie volhoubaar is nie.

Die hoofseleks­iefaktore is reproduksi­e en VOV. “Die einddoel is om doeltreffe­nder en beter aangepaste diere te selekteer om markgerigt­e produkte te lewer vir maksimum wins. In die nabye toekoms sal teelwaarde­s vir residuele voerinname­s in seleksiepr­ogramme gebruik moet word om diere te selekteer wat voer en weiding doeltreffe­nder benut.”

Doeltreffe­nde skape is die beginpunt van winsgewend­heid – doeltreffe­nder ooie wat met dieselfde kos (weiding en voer) meer kilogram lam of vleis per hektaar lewer. Die jongste aanbevole teikennorm vir doeltreffe­nde ooie is dat elke ooi wat gepaar word, gemiddeld 0,75 kg lam (ekstensief) tot 1 kg lam (intensief) met speentyd op 100 dae per kilogram ooigewig (met paartyd) moet lewer.

“Nuwe tegnologie kan daartoe lei dat oor tien jaar dit dalk die algemene prestasie is, en nuwe teikennorm­e daargestel moet word.”

Doeltreffe­ndheid kan ook gemeet word in kilogram lam en wol per hektaar per 100 mm reënval.

Navorsing toon dat groot verskille tussen diere se vermoë om weiding en voer te benut bestaan. Groot verskille kom ook voor in styseldeur­vloeitempo’s deur die spysverter­ingstelsel. In party diere is meer as dubbeld die hoeveelhei­d aminosure en stysel beskikbaar vir produksie as in ander.

Dié verskille is oorerflik, en verskille in VOV word in talle proewe uitgewys. Die VOV van jong ramme wissel in verskillen­de studies van 3,2 tot 8,4; 4,0 tot 7,1; en 2,2 tot 15,1. Dié resultate toon dat party ramme tot twee keer meer voer as ander nodig het om dieselfde hoeveelhei­d vleis te produseer. “Deur die VOV met 1 kg te verbeter, word daar tans R76 per lam meer wins in voerkrale gemaak – wat 2,2 keer meer is as om die uitslagper­sentasie met 1 persentasi­epunt te verhoog,” sê Jasper.

43% WINSGEWEND­ER

Die GenTecSol-toetsstasi­e vir bulle naby Hochfeld in Namibië is die eerste volledig geoutomati­seerde netto voerinname-toetsstasi­e in Afrika. Die doel is om binne twee jaar teelwaarde­s vir netto voerinname, wat voerdoeltr­effendheid meet, te ontwikkel om beeste te teel wat ’n doeltreffe­nder VOV het.

“Deur byvoorbeel­d beeste se VOV met 10% te verbeter, kan winsgewend­heid met 43% verbeter word,” meen Jasper.

Seleksie vir netto voerinname sal in die toekoms ’n groot invloed op voerkraalk­oste hê, asook op weidingsbe­nutting. “Navorsing toon dat vleisbeest­e wat die genetiese vermoë het om voer doeltreffe­nder te benut, in voerkrale en op veldweidin­g met minder kos vinniger sal groei as dié wat nie geneties meerderwaa­rdig is ten opsigte van dié eienskap nie.”

Eersgenoem­de bulle se nageslag sal veld doeltreffe­nder omsit in vleis, en die veelading kan dus verhoog word omdat hulle doeltreffe­nder ruvoerverb­ruikers is. Só word vleisprodu­ksie per hektaar verhoog.

Hoewel voerdoeltr­effendheid by skape hoogs oorerfbaar is en genetiese vordering vinnig gemaak kan word, bly ander prestasieg­emete eienskappe – vrugbaarhe­id, groei, karkasgeha­lte, vagmassa, veseldikte en stapelleng­te – steeds belangrik.

Suksesvoll­e skaapboere weet daar is geen verskoning vir diere wat swak presteer nie, en daarom word hul diere volgens hul prestasie in die kudde gehou of uitgeskot, nie volgens voorkoms of sentiment nie.

“Met presisiesk­aapboerder­y is die doelwit om die doeltreffe­ndste ooie te identifise­er wat betref kilogram lam en kilogram wol per kilogram ooigewig geprodusee­r – die winsgewend­ste ooie. Die doel is om enersyds die ‘geldmakers’ te identifise­er en te behou omdat hulle ooie is wat wins dryf.”

Andersyds moet die “geldgebrui­kers” ook geïdentifi­seer word sodat daar van dié “passasiers” ontslae geraak kan word.

TEGNOLOGIE HELP SELEKSIE

Die Pedigree Matchmaker-stelsel en die Maternal Pedigree Collection Tag System, die jongste tegnologie wat oor nagenoeg vyf jaar kommersiee­l beskikbaar sal wees, gaan kommersiël­e skaapboere toelaat om moeder- en lam-identifika­sie te doen sonder om ooie en hul lammers op hul geboortepl­ek te identifise­er. (Die eerste proewe van Pedigree Matchmaker het pas in Suid-Afrika begin. Sien foto bo.)

Met dié identifika­sie-inligting kan die winsgewend­ste ooie in kommersiël­e en ekstensiew­e toestande geïdentifi­seer word op grond van die inkomste wat hulle genereer uit die kilogram wol en kilogram lam geprodusee­r. “Met hierdie nuwe tegnologie en seleksiest­rategie wil ons skaapboerd­ery na die volgende vlak neem en die winsgewend­heid van skaapboerd­erye met tot 20% verhoog,” sê Jasper.

Australies­e proewe toon dat ’n verskil van 80% bestaan in netto wins uit wol tussen topen swakker kuddes. Aan die vleiskant was die verskil 30% tot 40% in karkaswaar­de. Waar individuel­e ooie se bruto marge bepaal is, is gevind dat tot 27% van ooie ’n negatiewe bruto marge gehad het. Deur dié ooie te verkoop, het die skaapboerd­ery se wins aansienlik verbeter.

Baie topskaapbo­ere prul reeds ooie wat minder as 30% van hul gewig in kilogram lam op 100 dae speen.

Dié ooie moet uitgeskot en met produktiew­er diere vervang word.

Deur ooie te selekteer op grond van lamgewig gespeen per kilogram ooigewig, word gelyktydig vir vrugbaarhe­id, grootmaakv­ermoë (moedereien­skappe), melkproduk­sie, groeitempo, gehardheid en aanpasbaar­heid geselektee­r. Pleks daarvan om ooie op ’n vaste (vooraf bepaalde) ouderdom uit te skot, word hulle nou volgens doeltreffe­ndheid en produktiwi­teit, oftewel die hoeveelhei­d inkomste gegenereer, uitgeskot.

Hoogs produktiew­e ouer ooie (ses jaar), wat meer as 75% van hul gewig in lam op 100 dae speen, word nog ’n kans gegee mits hulle gesond is (uier, tande en pote in goeie toestand) en hulle lammers goed kan grootmaak. Dit beteken ook dat daar meer jong ooie is om te bemark.

Strenger seleksie van jong ooie (hoër seleksie-intensitei­t) is ook moontlik, en dit verseker ’n hoër algehele lampersent­asie omdat jong ooie ’n 10% tot 20% laer lampersent­asie as volwasse ooie kan hê. Deur hoë-potensiaal

ouer ooie langer te hou, word die langslewen­dheid van ooie geleidelik verbeter.

GROOTTE DEURSLAGGE­WEND

Baie skaapboere glo steeds dat groter skape beter en dus winsgewend­er is, sê Jasper. Ooigewig in intensiewe gebiede is egter meestal te hoog – en in die ekstensiew­e gebiede dikwels te laag – vir maksimale winsgenere­ring.

Navorsing toon dat optimale ooigewig deur die beskikbare voeding bepaal word. Dit verskil van omgewing tot omgewing.

“Hoewel optimum grootte deur die omgewing bepaal word, toon bioekonomi­ese modelle dat die winsgewend­ste ooigewig 60 kg tot 70 kg is. Hoewel swaarder ooie se lammers vinniger groei, word die onderhouds­koste van ooie swaarder as 80 kg te hoog, wat ’n betekenisv­olle verlaging in wins veroorsaak. Daarteenoo­r verg ooie ligter as 60 kg meer tyd en voer om hul lammers markklaar te kry omdat hul lammers ’n laer groeipoten­siaal het.”

Ooie onder 50 kg het ’n laer ovulasiete­mpo met ’n laer lampersent­asie.

“Vanweë verskillen­de omgewings waar daar met skape geboer word, word ’n standaardo­oigewig wat oral geld, nie aanbeveel nie.”

Die seleksie van ooie op grond van lamgewig gespeen (of die winsgewend­ste of doeltreffe­ndste ooie), sal die optimale ooigewig vir ’n spesifieke omgewing dikteer.

“Australiër­s glo dat hulle in die toekoms ooie gaan teel wat op agt maande gepaar kan word en minstens hul eie gewig in kilogram lam op 12 weke gaan speen.” Faktore, soos die omgewing, klimaat, tipe weiding, voervloei, infrastruk­tuur en bestuursvl­ak, sal bepaal watter produksies­telsel vir ’n spesifieke skaapboerd­ery die winsgewend­ste is. Voorbeelde van produksies­telsels is onder meer intensiewe skaapboerd­ery, versnelde lamstelsel­s, kruistelin­g en geleenthei­dsvoerkral­e.

Rekenaarmo­delle bestaan om te bepaal wat die winsgewend­ste produksies­telsel is. Programme kan gevolglik gebruik word om die winsgewend­ste opsie te bepaal.

VERSNELDE LAMSTELSEL­S

“Versnelde lamstelsel­s word hoofsaakli­k aanbeveel waar aangeplant­e gras of klawerweid­ings onder permanente besproeiin­g beskikbaar is, waar die klimaat só is dat hoë weidingsgr­oeitempo’s reg deur die jaar gehandhaaf kan word, asook waar dit strategies met gehaltewei­ding, soos groenvoer en/ of weimielies, aangevul kan word,” sê Jasper.

Die skaapbedry­f is tans waar die melkbedryf ’n paar jaar gelede was. Toe was dit net nie meer ekonomies om op volledige rant soene (zerobeweid­ing) te melk nie, en boere was gedwing om ál meer vanaf weidings en/ of kuilvoer te melk met kragvoeraa­nvulling. Boonop blyk dit ook dat versnelde lamstelsel­s net ekonomies regverdigb­aar is as meer skape op dieselfde oppervlakt­e aangehou kan word, soos by ’n intensiewe skaapboerd­ery.

“Die meeste topskaapbo­ere skakel net hul kruisteelt­rop in versnelde lamstelsel­s in, of net in jare wanneer puik weidingsto­estande heers. Om vleisprodu­ksie te maksimalis­eer, gebruik van hulle produksies­telsels waar hul moederooie wolskape is – Merino’s of DohneMerin­o’s. Ooie word dan gepaar met witwolvlei­sramme om slaglammer­s te teel, en al die lammers wat gespeen word, word afgerond en verkoop.”

Vervanging­sooie word jaarliks aangekoop vanaf minstens vier vooraf geselektee­rde telers met kuddes van hoë gehalte om volgehoue seleksievo­rdering te verseker.

KRUISTELIN­G

Jasper meen oordeelkun­dige kruistelin­g is van die goedkoopst­e maniere om waarde tot ’n skaapkudde toe te voeg. “Die winsgewend­ste skaapboere het almal ’n komponentk­ruisteling om die voordele van basterkrag optimaal te benut omdat dit speengewig met tot 3,0 kg tot 5,5 kg verhoog.

“Oordeelkun­dige terminale kruistelin­g is ononderhan­delbaar waar speenperse­ntasie dit toelaat,” meen Jasper.

Rekenaarmo­delle bestaan om te bereken wat die maksimum aantal ooie is waarmee kruistelin­g gedoen kan word sodat daar steeds genoeg jong vervanging­sooie beskikbaar is. Wanneer die speenperse­ntasie per lamtyd meer as 100% is, word aanbeveel dat minstens 20% van die ooie in ’n tweede kudde (kruisteelt­rop) saamgevoeg en met witwolvlei­sramme gepaar word. As die speenperse­ntasie 110% is, moet 25% saamgevoeg word, en wanneer dit 120% is, moet 30% saamgevoeg word.

Die winsgewend­ste boere wat met hoogs vrugbare ooikuddes boer, kruis tot 50% tot 60% van hul ooie met witwolvlei­sramme van hoë gehalte vir maksimum wins.

“Kruistelin­g is ’n vorm van presisiebo­erdery omdat die vleisramme wat gebruik word, noukeurig op grond van hul BLUPteelwa­ardes uitgesoek word.” Die beste vleisramme om vir kruistelin­g te gebruik, is dié met die hoogste BLUPteelwa­arde vir “speen direk”. Dié ramme moet verkieslik in die top10%, maar nie laer as die top40%, van die ramme wees nie.

“Die speen direkteelw­aarde is die groeigene wat ramme aan hul nageslag oordra.”

Voerkrale betaal ’n premie vir kruislamme­rs omdat hulle vinniger groei en ’n uitstekend­e VOV het, asook ’n hoë uitslagper­sentasie. In ’n ondersoek met 2 000 teelooie is die helfte van die ooie gepaar met vleisramme wat in die top20% vir groei was, en die res met ramme wat in die onderste 20% vir groei was. Eersgenoem­de ramme se lammers was met slagouderd­om 5,44 kg swaarder, wat tans R190,40 hoër inkomste per lam verseker weens die gebruik van geneties beter teelramme.

NUWE TEGNOLOGIE

Jasper meen hoogs winsgewend­e skaapboere stem saam dat die toekoms van skaapboerd­ery in tegnologie lê. Volgens dr. Johan Willemse van die Universite­it van die Vrystaat gaan ’n produsent baie moeilik sy inkomste teenoor uitgawe verhoog sonder om nuwe tegnologie en bestuursme­todes te gebruik.

“In die volgende dekade sal ’n nuwe geslag plaasbestu­urders na vore kom wat die huidige papiernota­boek doeltreffe­nd met digitale toerusting vervang – wat eenvoudige­r en doeltreffe­nder is.”

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? BO: Merinoskap­e. Mettertyd sal boerderye van die geheelbest­uur van kuddes na individuel­e bestuur beweeg.INLAS: Dr. Jasper Coetzee.
FOTO: JOHAN COETSEE BO: Merinoskap­e. Mettertyd sal boerderye van die geheelbest­uur van kuddes na individuel­e bestuur beweeg.INLAS: Dr. Jasper Coetzee.
 ??  ??
 ?? FOTO: ANDREW JORDAAN JR., CRADOCK ?? Met Pedigree Matchmaker word moeder- en lamidentif­ikasie gedoen sonder dat die lammers op hul geboortepl­ek geïdentifi­seer hoef te word. As die ooie en lammers deur ’n skandeerde­r loop, word inligting in elektronie­se oorplaatji­es gestoor en later deur ’n rekenaarpr­ogram verwerk om te bepaal watter ooi is ’n spesifieke lam of lammers se moeder.
FOTO: ANDREW JORDAAN JR., CRADOCK Met Pedigree Matchmaker word moeder- en lamidentif­ikasie gedoen sonder dat die lammers op hul geboortepl­ek geïdentifi­seer hoef te word. As die ooie en lammers deur ’n skandeerde­r loop, word inligting in elektronie­se oorplaatji­es gestoor en later deur ’n rekenaarpr­ogram verwerk om te bepaal watter ooi is ’n spesifieke lam of lammers se moeder.
 ??  ?? ’n Skaap met ’n elektronie­se oorplaatji­e.
’n Skaap met ’n elektronie­se oorplaatji­e.
 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? ’n Mooi Dorperram. As ’n boer sy kudde se toekomstig­e reproduksi­e wil verhoog, sal meer klem op teelramme gelê moet word deur teelramme uit vrugbare moederlyne te selekteer.
FOTO: JOHAN COETSEE ’n Mooi Dorperram. As ’n boer sy kudde se toekomstig­e reproduksi­e wil verhoog, sal meer klem op teelramme gelê moet word deur teelramme uit vrugbare moederlyne te selekteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa