Landbouweekblad

Hart tot hart

- HART TOT HART DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

God hou nie van gemakstoel-Christene nie.

Die gesegde dat ’n boer ’n plan maak, het hom al op baie terreine afgespeel – selfs waar daar nie ’n boer ter sprake was nie. Onlangs het ek iets daarvan beleef toe ek aanskou hoe ’n blinde persoon aan ’n wedloop deelneem. Hy kon dit om verstaanba­re redes nie alleen doen nie, want hy het oë nodig gehad om die rigting aan te dui. ’n Gids, wie se hand aan die blinde atleet se hand gekoppel was, kon die probleem oplos.

Dit het nogal kundigheid en fyn beplanning geverg om die proses suksesvol te laat verloop. Die gids moes die maksimum spoed probeer handhaaf waartoe die blinde atleet in staat was. Té vinnig of té stadig sou sy ritme versteur. Hoe beter die twee mekaar verstaan het, hoe beter was die kans om te presteer.

Ek het ’n waardevoll­e en duidelike lewensles geleer; ’n les wat ek kon toepas in my verhouding met die Here.

So dikwels word ons in die Woord van God uitgenooi om met God te wandel (1 Kor. 7:17, 2 Kor. 6: 16, Efes. 2:10).

Om met God te wandel vra selfdissip­line, bedagsaamh­eid, respek en volharding. Ons hoef nie die lewensreis alleen te hardloop nie. In eie krag sal ons in elk geval nie binne die voorgeskre­we bane bly nie.

Ons koppeling met God deur Sy Gees is ’n volgehoue geloofshan­deling waarsonder ons nooit die wenstreep sal bereik nie. Dis opvallend hoeveel waarde die Here aan ons samewerkin­g met Hom heg.

In sy eerste brief aan die Korinthiër­s skryf Paulus: “Want ons is medewerker­s van God” (1 Kor: 3:9).

God wil die pad saamloop, maar dan moet ons bereid wees om ons kant te bring. God hou nie van gemakstoel-Christene nie.

Die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag (vgl. 1 Kor. 4:20). Ja, ’n boer maak ’n plan, en ’n blinde atleet ook.

En so kan elkeen van ons, wanneer nodig, ’n plan maak solank God net deel is daarvan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa