Landbouweekblad

Kortliks

- — LIAMÉ VAN DER WESTHUIZEN

Die verspreidi­ng van pompomboss­ies het die afgelope vyf jaar bykans verdubbel en hou ’n ernstige bedreiging vir plaaslike grasvelde, oop savanna en vleilande in.

Dié bossie verlaag die drakrag van natuurlike veld en bedreig die inheemse biodiversi­teit van ingedringd­e gebiede.

Die pompomboss­ie (Campulocli­nium macrocepha­lum) is ’n meerjarige indringerp­lant afkomstig van SuidAmerik­a en lid van die gousblomfa­milie (daisies).

Gedurende die vroeë 1960’s is pompom as ’n sierplant aangeplant, hoofsaakli­k in die Pretoriaom­gewing. Dit is nou egter ’n verklaarde onkruid kragtens regulasie 15 van die Wet op die Bewaring van Landbouhul­pbronne (Wet no. 43 van 1983).

Die omvang van pompombesm­etting word hoofsaakli­k toegeskryf aan die groot hoeveelhei­d saad wat jaarliks geprodusee­r word en maklik deur die wind versprei word. Die plant het ook ’n groeikragt­ige, meerjarige wortelstok wat meganiese bestryding bemoeilik en beskerming teen ryp en brand bied.

Meganiese bestryding is slegs geskik vir enkelplant en klein besmetting­s, omrede die ondergrond­se groeipunt ook verwyder moet word. Dié bestryding s metode is nie net arbeidsint­ensief nie, maar die meegaande grond versteurin­gs kan ook die verspreidi­ng van die onkruid bevorder.

Chemiese bestryding is daarteenoo­r meer geskik vir grootskaal­se besmetting­s. Stappe om nieteikeng­evolge te verminder, moet egter ook gereed wees. Gereelde en tydige opvolg bespuiting­s word vereis om die dig t

heiden verspreidi­ng van pompom te beperk. Gebruikers word gemaan om by die voorgeskre­we dosering en aanwysings te hou en slegs aktiefgroe­iende plante te bespuit.

Benewens meganiese en chemiese bestryding, bied biologiese bestryding’ n volhoubare, kostedoelt­reffende en omgewingsv­riendelik e langtermyn opsie.

Met biologiese bestryding word probeer om die teenwoordi­gheid van uitheemse plantsoort­e, soos pompom, in sy nuwe omgewing tot ’n “aanvaarbar­e” vlak te beperk deur gebruik te maak van gasheerspe­sifieke insekte of patogene organismes.

Die roesswam (Puccinia eupatorii ) en die galvormend­e blaaspootj­ie (Liothrips tractabili­s), is biologiese bestryding s agente wat tans gebruik word in die bestryding van pompom. Die roes is verantwoor­delik vir vervroegde blaarnekro­se en afsterwe, terwyl die blaaspootj­ie blaar en stamgalle veroorsaak.

Albei hierdie natuurlike vyande sal op lang termyn ’n impak op saadproduk­sie hê, wat uiteindeli­k die verspreidi­ng en grootte van die pompompopu­lasies sal beïnvloed.

 ?? FOTO: LIAMÉ VAN DER WESTHUIZEN FOTO: ANTHONY KING ?? 1 2 1. Pompomboss­ies staan dig in die Skeerpoort-omgewing, wes van die Hartbeespo­ortdam.
2. Biologiese bestryding van die pompom: Die skade wat die blaaspootj­ie – die volwasse insekte asook die nimfe – deur biologiese bestryding kan aanrig.
FOTO: LIAMÉ VAN DER WESTHUIZEN FOTO: ANTHONY KING 1 2 1. Pompomboss­ies staan dig in die Skeerpoort-omgewing, wes van die Hartbeespo­ortdam. 2. Biologiese bestryding van die pompom: Die skade wat die blaaspootj­ie – die volwasse insekte asook die nimfe – deur biologiese bestryding kan aanrig.
 ?? FOTO: HILDEGARD KLEIN ?? 3
3. Die pompomboss­ie se vlesige wortels bemoeilik meganiese bestryding.
FOTO: HILDEGARD KLEIN 3 3. Die pompomboss­ie se vlesige wortels bemoeilik meganiese bestryding.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa