Landbouweekblad

Manie

-

SUID-AFRIKANERS spog mos graag met die uitnemendh­eid waarmee hulle internasio­naal kan meeding hier van die suidpunt van Afrika. Dink maar aan die eiesoortig­heid van die Bonsmara-beesras, die gewildheid van ons vrugte oorsee en om nie eens te praat van hoe die Aussies nou met ons skaaprasse woeker nie.

Netso is Wesgrow, ’n aartappelm­oer kweker van die Wes-Vrystaat, ’n reus om op trots te wees. Hy spits homself toe op gehalte en die winsgewend­ste kultivars. Juis daarom betaal boere sonder te veel klaagliede­re ’n premie vir die Wesgrow-moere. Dit was dus geen verrassing nie toe JF van der Merwe, ’n Wesgrow-produsent, as die nuwe voorsitter van Aartappels SA verkies is ná mnr. Ernst Yzel se uittrede ná 16 jaar.

Dit kon egter nie anders as om te sien hoe sommige boere hul wenkbroue oor dié wending lig nie. Hulle is blykbaar bekommerd dat Wesgrow die aartappelb­edryf kan begin oorheers. Nie te lank gelede nie het Wesgrow sy eie tafelaarta­ppel-handelsmer­k bekend gestel wat hom in regstreeks­e mededingin­g met sy kliënte plaas.

Daarbenewe­ns is Gerhard Posthumus, besturende direkteur van Wesgrow, al geruime tyd lank die voorsitter van die Aartappel-Sertifiser­ing s diens (ASD). “Wesgrow het nou die ganse bedryf gekaap met sy ambisie om tot elke prys te groei,” het een van die boere aan Manie gefluister. Manie stem egter nie saam nie. Hy meen dit is goed dat twee bekwame manne aan die stuur is van die bedryf s organisasi­es met die nodige kundigheid om te verseker die bedryf net van krag tot krag gaan. Daarbenewe­ns is dr. André Jooste, uitvoerend­e hoof van Aartappels SA, en Sanette Thiart, uitvoerend­e hoof van die ASD, albei bekwame leiers wat die belange van die ganse bedryf najaag.

Buitendien is daar nie veel ander produsente wat bereid is om die opoffering­s te maak (sonder vergoeding) soos wat Yzel die afgelope 16 jaar lank gedoen het nie.

EET (EN BOER) JOU MAER . . . AAN AARTAPPELS

Nóg by aartappels. ’n Man van Australië, Andrew Flinders Taylor, het ’n hele jaar lank net aartappels en patats geëet. Dit klink na ’n baie eentonige dieet, maar hy het op dié manier meer as 50 kg afgeskud.

Taylor, ’n pa van twee, was bewus daarvan dat dokters, voedingkun­diges en dieetkundi­ges oor sy plan sou frons. Gevolglik het hy verskeie wetenskapl­ike studies bestudeer en met die hulp van ’n dokter en dieetkundi­ge ’n eetplan uitgewerk, berig die koerant The Independen­t.

Taylor sê aartappels en patats het al die voedingswa­arde wat sy liggaam nodig het, afgesien van miskien genoeg kalsium. Aartappels bevat wel kalsium, maar nie genoeg nie. Daarom gebruik Taylor soja- en makadamia-melk om kapokaarta­ppels te maak.

Vir die aartappelb­oere behoort dit goeie nuus te wees wat die trae prys wat hulle die afgelope maande ontvang, hopelik kan lig. Dit is nou as ’n groter deel van die verbruiker se rand uiteindeli­k in die boerse sak kan beland.

Op Aartappels SA se kongres het dr. Johan

van Deventer, uitvoerend­e hoof van Freshmark, redelik onder die boere se kritiek deurgeloop, maar net omdat hy die enigste verteenwoo­rdiger van die kleinhande­l sektor op die verhoog was.

Boere en agente het hom gevra hoe die boer moet oorleef wanneer ’n sakkie aartappels R25 op die varsproduk­temarkte kos, maar teen tot R75 op die winkelrakk­e te koop is. Johan het die administra­siekoste van kettingwin­kels, die feit dat die kleinhande­l sektor uiters mededingen­d is en uitermatig­e hoë pryse nie deur die verbruiker geduld sal word nie, aangevoer. Dit was nie wat die boere wou hoor nie, maar dit was die antwoord.

Dit het Manie laat terugdink aan die Mededingin­g s kommissie wat die markagente van knoeiery beskuldig het, maar nooit na die kleinhande­laars vingers gewys het nie. Manie wonder wanneer hulle aan die beurt gaan kom.

WILDBEMARK­ING OP SY BESTE

Die Summit Wildlife-groep se wildveilin­g tydens die Karoo-lusfees op Graaff-Reinet kon amper as ’n glansgelee­ntheid beskryf word – só goed was dit georganise­er en aangebied. Die veilingslo­kaal was stampvol kopers, verkopers en bloot nuuskierig­es wat vasgenael gesit het tot die laaste van die 104 lotte. Wie sou kon dink dat wild ooit saalperde as die groot aantrekkin­gskrag in die Karoo sou vervang?

Die omset was wel ’n paar miljoen minder as verlede jaar, maar ’n swartwitpe­nsbul het R1 miljoen behaal, terwyl ’n springbokr­am R450 000 behaal het. Nie sleg nie as jy dink hoeveel mense in dié geweste hul belegging in wild bloot as ’n lekker stokperdji­e beskou.

Manie het weer besef dat een van die groot verskille tussen gewone boerderye en wildboerde­ry is dat laasgenoem­de doelgerigt­e (en duur) bemarking verg. Wolboere stuur hul produkte maar mark toe – en hoop op die beste.

Dit sluit aan by Norman Adami, ’n vorige voorsitter van SABMiller, wat die vorige aand as spreker ’n paar wyshede kwytgeraak het.

Hy het in Amerika geleer om die algemene opvatting of siening

(convention­al wisdom) te bevraagtek­en toe hy gehelp het om die sukkelende Miller-handelsmer­k – wat destyds afgeskryf is as ’n mislukking – vir SAB se aandeelhou­ers om te draai. Só moet die wildbedryf ook die idee beveg dat die bedryf ’n borrel is wat net ’n bietjie lank neem om te bars.

Hy het boere ook aangeraai om vrede te maak met werklikhed­e en op eksterne faktore pleks van interne faktore te fokus. Vir die wildbedryf sou dit onder meer beteken om saam te staan en nie teenstrydi­ge boodskappe die wêreld in te stuur nie.

Manie het ook ’n interessan­te Amerikaner van Kansas (’n regte Trump-man) daar ontmoet. Hy bring jagters na Namibië en Suid-Afrika – en meen ons is nog voor met die verskeiden­heid van wild wat beskikbaar is. In die algemeen sien hy ’n groot toekoms vir jag ten spyte van die slegte publisitei­t wat soms opduik.

Dit waai gou oor. Jagters word wel ouer, maar hul plek word deesdae ingeneem deur vroue, oud en jonk, wat tot die sport toetree. Sy vrou (in haar sestigs) het die vorige week ’n swartwitpe­ns platgetrek – al weet sy nie presies hoe lank die bul se horings was nie.

Oor die polemiek oor die teling van wild in klein kampies het hy gesê ons moenie ons te veel daaroor bekommer nie – bly eerder net stil en bemark die goeie sy van die boerdery.

‘ ’N BLOM VIR JOU, SKAT’

Koos en sy vrou gaan na ’n konferensi­e oor die huwelik en verhouding­s om weer ’n bietjie rigting in hul verhouding te kry. Die hoofspreke­r val weg in Ingels oor die belangrikh­eid van paartjies wat mekaar se gunsteling-dinge in die lewe moet ken.

“Eighty five per cent of men don’t know what his wife’s favourite flower is,” sê die spreker. Koos sien hy kan hier punte wen by vroulief, tik sy vrou op die skouer en fluister: “Dis mos Snowflake selfraisin­g, nè, Skat?”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa