Landbouweekblad

MILJOENE NUWE GRONDEISE STRAKS OP PAD

-

Agt miljoen grondeise kan ingestel word wanneer die grondeisep­roses heropen word, meen mnr. Justice Mnguni, ANC-LP.

Hy meen net sowat 2% van die nagenoeg 3,5 miljoen mense wat hul grondregte verloor het met die instelling van die Wet op Naturelleg­rond (Wet 27 van 1913) het aan die eerste ronde grondeise van 1994 tot 1998 deelgeneem. Aldus die burgerregt­e-organisasi­e The Surplus People’s Project is 7,5 miljoen mense van 1960 tot 1983 van hul grond gedwing.

Mnguni het vroeër vanjaar ’n private ledevoorst­el rakende die wysigingsw­etsontwerp op die herstel van grondregte by die Parlement ingedien. Bespreking­s oor dié ledevoorst­el het onlangs in die Parlement begin.

Mnguni se stap volg nadat dieGrondwe­thofop28Ju­lie verlede jaar beslis het die wysigingsw­etsontwerp op die herstel van grondregte, wat grondeise in 2014 vir vyf jaar tot 30 Junie 2019 oopgestel het, is ongeldig. Volgens geouditeer­de syfers van die Grondeisek­ommissie is daar teen 13 Julie verlede jaar altesaam 161 052 nuwe eise ingedien. Met die uitspraak is dié eise nié ongeldig verklaar nie.

In die eerste ronde grondeise is 80 000 eise ingedien.

“Groot ongeregtig­heid staar onsindiege­sigasonsni­emet die heropening van grondeise voortgaan nie,” sê Mnguni.

Die komitee gaan nou uitgebreid­e openbare sittings reg oor Suid-Afrika hou om burgers die kans te gee om kommentaar op die voorgestel­de wetgewing te lewer.

Besoek vir meer besonderhe­de oor Mnguni se voorstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa