Landbouweekblad

Bolwurmter­ugslag vir Swartland

- — AMELIA GENIS en LISA LOTTERING

GRAAN SA het ’n versoek tot die registrate­ur verantwoor­delik vir die registrasi­e van onder meer gifstowwe (Wet 36 van 1947) gerig vir die noodregist­rasie van nuwe middels teen Afrika-bolwurm.

Ditvolgnád­iedroogteg­eknelde koringboer­e in die Swartland nou ook deur ’n erge plaag van dié wurm getref is.

Volgens mnr. André Kirsten, boer van Philadelph­ia, het boere by Portervill­e, Klipheuwel en Darling reeds teen die wurm gespuit, maar hulle sukkel om middels te kry wat die volwasse wurms kan doodmaak, en verder is die oes reeds uiters swak.

“Talle boere besluit nog of dit die moeite werd is om verder geld te bestee op iets wat reeds ’n verlies is,” sê hy.

“Ons het vanjaar nou al genoeg pak slae gekry om nou nog dít ook te kry.”

Hy weet egter nie of die noodregist­rasie betyds afgehandel gaan wees nie, want met die huidige hitte gaan baie van die graan binne ’n week te ryp wees.

TREURIG

Die Swartland het die afgelope winter skaars ’n derde van sy gemiddelde langtermyn-reënval gekry en oesverwagt­inge is nie goed nie. Boere by Malmesbury en Moorreesbu­rg gaan oes, maar noord van Moorreesbu­rg daal die vooruitsig­te drasties. Talle boere daar gaan nie hul stropers uit die skuur trek nie.

Mnr. Thys Grobbelaar van die plaas Koringkloo­f by Eendekuil sê dis nie die moeite werd om te oes nie, want hulle gaan nie eens die koste van hul saad verhaal nie. Hulle het reeds skape op graanlande begin jaag, maar besef hulle moet die lande oordeelkun­dig benut omdat ’n lang somer voorlê.

Hulle het vanjaar net een keer reën van meer as 10 mm gehad en die totaal vir die jaar is nog nie 100 mm nie. Hy sê talle boere in sy omgewing gaan nie oes nie.

Mnr. Cobus Bester van die UD-boerdery by Moorreesbu­rg sê hulle verwag skaars die helfte van wat hulle in ’n normale jaar sou oes. “Noord van Moorreesbu­rg is die verwagting­e selfs minder.”

Hy sê die 150 mm reën wat hulle die afgelope winter gekry het, is minder as ’n derde van hul gemiddelde reënval op lang termyn.

“Dit is onmoontlik om ’n winsgewend­e graanboerd­ery met so min reën te bedryf.” Tog sê hy dat bewaringsb­oerdery help dat daar meer op die lande staan as wat die geval daarsonder sou wees.

Die Oesskattin­gskomitee se jongste skatting raam vanjaar se koringoes op 1,716 miljoen ton, sowat 7% hoër as die skatting in Augustus, maar 193 350 ton (10%) minder as in 2016.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa