Landbouweekblad

PLAASBEWON­ERS RAAK ÁL MEER KWESBAAR

- — JOYLENE VAN WYK, NICO VAN BURICK en ALANI JANEKE

IN dieselfde week waarin die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns sy misdaadsta­tistiek vir die boekjaar 2016-’17 uitgereik het, het vier boere hul lewens verloor.

In Mpumalanga is twee boere dood – een by Piet Retief en een by Kaapmuiden (hul name was teen druktyd nog nie bekend nie). Mnr. Kyle Stols, ’n jong plaasbestu­urder, is dood aangetref by Jagersfont­ein in die Vrystaat, en mnr. Joubert Conradie van Klapmuts in die WesKaap is in die hospitaal dood nadat hy in die vroeë oggendure van 24 Oktober geskiet is.

Die amptelike statistiek wys dat die styging in die aantal moorde op plase (27,5%) groter was as die styging in die aantal aanvalle (22,9%). Die kans vir ’n plaasbewon­er om vermoor te word in ’n plaasaanva­l raak dus al hoe groter.

Volgens die polisie was daar van 1 April verlede jaar tot 31 Maart vanjaar 74 plaasmoord­e en 638 plaasaanva­lle, teenoor 58 moorde en 519 aanvalle in die vorige jaar.

En net meer as ’n maand nadat mnr. Fikile Mbalula, die Minister van Polisie, met Agri SA oor plaasvalle vergader het, en gesê het hy wil binne ’n week ’n aksieplan hê, het sedertdien klaarblykl­ik niks gebeur nie.

“Tot dusver was daar nog geen opvolggesp­rek oor ’n aksieplan of iets konkreets waarmee ons kan werk om by oplossings uit te kom nie,” het mnr. Kobus Visser, direkteur van korporatie­we skakeling van Agri SA gesê.

Boonop het die dramatiese styging in plaasaanva­lle wat in die afgelope jaar aangeteken is, feitlik alle vordering wat sedert 2010 gemaak is om dié misdade te stuit, uitgewis (sien die GRAFIEK ).

VOLGEHOUE AANSLAG

Die burgerregt­e-organisasi­e AfriForum het ook sy misdaadsta­tistieke vir vanjaar bekend gemaak en gesê die 70 moorde op plase tot dusver in dié jaar is reeds meer as in die hele verlede jaar, met nog twee maande van die jaar wat oor is. Daar was vanjaar minstens 347 plaasaanva­lle.

Daar is begin met ’n burgerlike mosie van wantroue in Mbalula.

Mnr. Kobus Breytenbac­h, voorsitter van Agri SA se komitee vir landelike veiligheid, sê Agri SA is uiters bekommerd oor die styging in ernstige geweldsmis­daad op plase en doen ’n dringende beroep op die polisie om die landelike beveiligin­gsplan landwyd toe te pas.

“Dis nie net moorde en aanvalle wat toeneem nie, maar ook ander gewelddadi­ge misdade. Hierdie dinge pas nie in by ’n beskaafde wêreld nie.”

Breytenbac­h sê meer as 8 500 plaasaanva­lle en 925 moorde het oor ’n tydperk van 14 jaar plaasgevin­d. “Dit spreek boekdele van die volgehoue misdaadaan­slag teen boere en plaaswerke­rs.”

Hy het gewys op die deurslagge­wende bydrae wat die landbou in die eerste twee kwartale van vanjaar tot ekonomiese groei in Suid-Afrika gelewer het. Hy het ook benadruk watter bedreiging die geweld vir voedselsek­erheid inhou.

VEEDIEFSTA­L

Toe veediefsta­lsyfers vir 1 April tot 31 Desember verlede jaar in Maart vanjaar bekend gemaak is, was dit reeds duidelik dat veediefsta­l aan die toeneem was.

Net vir die eerste drie kwartale van die boekjaar was daar ’n styging van 2% in aangemelde gevalle — van 21 409 tot 21 847. Vir die hele boekjaar 2016-’17 staan die syfer op 26 902 aangemelde sake, of ’n toename van 8,8% (sien die TABEL ).

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum, sê hoewel die toename onrusbaren­d is, kan dit dalk ook wees dat meer sake aangemeld is. Die forum smeek al jare dat boere veediefsta­lle moet aanmeld. Dit is bekend dat boere nie die misdaad aanmeld nie weens min sukses met die vervolging van veediewe en hoe tydrowend die regsproses is.

Clack sê ongelukkig kan daar nie nou bepaal word hoeveel diefstalle nie aangemeld is nie, aangesien dit nie in Statistiek­e Suid-Afrika se nuutste verslag oor die slagoffers van misdaad verskyn nie. In 2016 is tot 71,7% van voorvalle van diefstal nie aangemeld nie.

Die huidige 26 902 sake is ook meer in ooreenstem­ming met die tyd voor 2015, toe die statistiek­e drasties aangepas is, sê hy.

In die boekjaar wat in 2016 geëindig het, het boere verliese van meer as R568 miljoen weens die diefstal van beeste, skape en bokke gely.

POLITIEKE TWIS

By die bekendmaki­ng van die misdaadsta­tistiek wou Mbalula aanvanklik nie die plaasmoord­statistiek vrystel nie omdat hy kwansuis nie in ’n onnodige politieke twis oor dié soort misdade betrokke wou raak nie.

“Die agenda wat bevorder word, is dat daar ’n doelbewust­e aanval op wit boere is en nie boere in die algemeen nie. Ons kan nie toelaat dat statistiek as politieke gereedskap gebruik word nie. Daarom het ek in die portefeulj­ekomitee gesê ons moet mekaar vind . . . veral in die stryd teen misdaad.”

Hy het egter net na dié konferensi­e vir dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, ’n verslag met die statistiek gegee.

Afriforum het gesê in die week vóór Mbalula die statistiek vrygestel het, het 11 plaasaanva­lle binne 5 dae plaasgevin­d, waarin 4 mense dood is.

AfriForum sê die gemiddelde wêreld-moordkoers is 6,2 per 100 000 mense.

Suid-Afrika se gemiddelde moordkoers is 34,1 onder gewone Suid-Afrikaners, onder Suid-Afrikaanse polisiebea­mptes is die syfer 55 en onder Suid-Afrikaanse boere is die syfer 156 per 100 000.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa