Landbouweekblad

WYS WAAR KOM DIE MELK VANDAAN, SÊ EUROPEËRS

- — MARLEEN SMITH

’n Groeiende beweging in die Europese Unie (EU) wil hê dit moet verpligten­d wees om die land van herkoms op die etikette van melk en ander suiwelprod­ukte aan te dui.

Spanje is die vierde land wat die Europese Kommissie in kennis gestel het dat hy dié nuwe wet wil instel.

Frankryk, Italië en Griekeland verplig reeds hul verwerkers om die oorsprong van melk en suiwelprod­ukte op etikette vir ’n proeftydpe­rk van twee jaar aan te dui.

Kragtens hierdie regulasies moet nie net die land van oorsprong van die melk aangedui word nie, maar ook waar dit verwerk is, as dit elders sou wees. As dit buite die land van oorsprong is, kan dit op die etiket as “EU” of “Buite die EU” aangedui word.

Daarby kan streekspro­dusente, bykomend tot die naam van die land van herkoms, ook die naam van ’n streek waar die melk of produk geprodusee­r is, aandui.

Volgens die Spaanse ministerie van landbou, visserye en die omgewing is die hoofrede vir die stap Spaanse verbruiker­s se toenemende aandrang om te weet waar hul melk vandaan kom.

Die webwerf Euractiv.com berig egter dat die impak van Europese melkkwotas ook ’n dryfveer was. Dié kwotastels­el, wat aanvanklik daarop gemik was om die mark te stabilisee­r en oorproduks­ie te verhoed, het party lande meer as ander bevoordeel. Dit was sedert 1986 in Spanje in werking en het dié land se boere toegelaat om net 5 miljoen ton melk per jaar te lewer, terwyl die land se jaarlikse suiwelverb­ruik meer as 8 miljoen ton was. Daarteenoo­r kon Franse boere sowat 26 miljoen ton melk lewer en Duitse boere meer as 30 miljoen ton. Spanje moes sowat ’n derde van sy suiwelprod­ukte invoer, meestal uit Frankryk.

Toe die kwotastels­el in Maart 2015 stopgesit is, het Spaanse boere gehoop hul plaaslike bedryf sal groei en dat invoer sal verminder en uitvoer verhoog. Die gevolg was egter ’n ineenstort­ing van die melkprys oraloor weens oorproduks­ie. In die Europese somer van 2016 was die gemiddelde melkprys in die EU op sy laagste vlak in vier jaar.

Meer as 48 000 melkboere het ingevolge die EU se landbousub­sidiestels­el om steun aansoek gedoen weens hul verlies aan inkomste omdat hulle nie melk gelewer het nie. Dit het die EU €150 miljoen uit die sak gejaag. Die oorproduks­ie is verlig en die gemiddelde melkprys het van Julie tot Augustus vanjaar met 34% gestyg. Die Spanjaarde sukkel egter steeds met ’n laer markprys as in die res van die EU.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Valdeón-bloukaas is ’n Spaanse kaas wat in die noordooste van die provinsie León gemaak word. Dit geniet reeds eksklusiew­e naamregte en geografies­e aanduiders­tatus kragtens regulasies van die Europese Unie (EU). Die Spaanse regering het die EU in kennis gestel dat hy as ’n proeflopie dit vir die volgende twee jaar verpligten­d gaan maak om die land van herkoms van alle melk en suiwelprod­ukte op die etikette in winkels aan te bring.
FOTO: VERSKAF Valdeón-bloukaas is ’n Spaanse kaas wat in die noordooste van die provinsie León gemaak word. Dit geniet reeds eksklusiew­e naamregte en geografies­e aanduiders­tatus kragtens regulasies van die Europese Unie (EU). Die Spaanse regering het die EU in kennis gestel dat hy as ’n proeflopie dit vir die volgende twee jaar verpligten­d gaan maak om die land van herkoms van alle melk en suiwelprod­ukte op die etikette in winkels aan te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa