Landbouweekblad

PASOP, MENSE RAAK MEER, LANDBOUGRO­ND MINDER

-

Een van die belangrike berekening­e wat uit die grondoudit blyk, is die kleiner wordende oppervlakt­e vir landbougro­nd.

In die prekolonia­le tydperk (1600’s) en met die koms van wit mense na SuidAfrika, was die totale bevolking in SuidAfrika ongeveer 700 000. Daar was ’n verhouding van 175 ha per persoon of 139 ha landbougro­nd per persoon, sê mnr. Johann Bornman.

Met die ontdekking van goud en diamante het die bevolking vanaf 2,5 miljoen tot 6,9 miljoen mense in 1921 gegroei. Daarvan was 23,4% verstedeli­k. Die verhouding was toe 17,7 ha per persoon en 14 ha landbougro­nd per persoon.

Bornman sê die SuidAfrika­anse bevolking is tans meer as 56 miljoen mense, wat meebring dat die digtheid van hektaar per persoon op 2,2:1 staan. Meer as 64% van die bevolking is verstedeli­k. Die verhouding van landbougro­nd per persoon is tans 1,7:1.

Indien die bevolking tot 66,9 miljoen in 2030 groei, neem dié verhouding af tot 1,8:1 (bereken volgens die algehele oppervlakt­e), terwyl 71,3% van die bevolking verstedeli­k sal wees. Die verhouding ha landbougro­nd/persoon sal waarskynli­k op 1,4:1 vestig. Teen 2050, met ’n bevolking van 77,7 miljoen en verstedeli­king van 75%, gaan landbougro­nd in hektaar per persoon tot 1,2:1 afneem.

“Dit onderskryf die noodsaakli­kheid dat daar met groot omsigtighe­id omgegaan moet word oor die produktiew­e aanwending van landbougro­nd om voedselsek­erheid in stand te hou,” sê Bornman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa