Landbouweekblad

Boeretegno­logie: Swartryp in sy maai gewaai

Nadat swartryp op die Hoogland-boerdery in Touwsrivie­r ’n hele tafeldruif­oes vernietig het, het die eienaars binne drie jaar doeltreffe­nde waaiertegn­ologie ontwikkel om nóg so ’n ramp te voorkom. Die teenrypwaa­iers is só doeltreffe­nd dat die oesopbreng­s o

- NAVRAE: Mnr. Marius Jordaan, e-pos: info@ agifrostfa­ns.com; sel 072 222 5577; tel. 023 615 1777.

As die nood begin druk, ken Suid-Afrikaners van twee dinge: bid en planne maak. Die drie Jordaan-broers, Danie, Luan en Marius, van De Doorns in die Boland het vyf jaar gelede die plaas Hoogland naby Touwsrivie­r gekoop. Die plan was om hul tafeldruif­besigheid daar uit te brei.

Op Hoogland het hulle geleer planne maak, maar bowenal dat die weer ál minder voorspelba­ar word. Boere moet elke moontlik hulpmiddel inspan om hulle teen hierdie risiko’s te verskans.

Tot in 2012, toe die Jordaans Hoogland gekoop het, was die laagste minimum temperatuu­r op Hoogland -2 ºC en ryp was nie ’n gereelde risiko nie. Hul eerste jaar op die plaas, die seisoen 2012-’13, was ’n algehele misoes nadat swartryp die 29 ha-oes vernietig het.

Sedert 2012-’13, toe die minimum temperatuu­r in November by -6 ºC gaan draai en een nag binne 40 minute met 4 ºC gedaal het, was daar drie opeenvolge­nde jare met ryp, sê mnr. Marius Jordaan, die jongste van die drie broers. “Dis ’n werklikhei­d dat ons risiko’s weens onvoorspel­bare weerstoest­ande ál groter raak. Dit dwing ons om bestuurshu­lpmiddels gereed te kry om risiko’s uit te skakel. Ons moes ’n manier kry om die ryprisiko onder ons eie beheer te kry om ’n opbrengs op ons belegging te verseker.”

REGTE KUNDIGHEID VIR ELKE TAAK

Die drie broers is pragmaties en nugter oor die take wat in hul besighede verrig moet word, sê Luan. “Ons kry die regte mense met die regte vaardighed­e vir elke taak. As ons iemand kan oplei om meer produktief te wees, dan doen ons dit. En wanneer elkeen opgewasse is vir sy verantwoor­delikhede, is ’n span ’n magtige ding.”

In die winter van 2013 het die drie broers bykans R1 miljoen aan oorhoofse besproeiin­g op Hoogland bestee om die ryp te keer. “Ons het in tien uur 1 600 m3 water besproei. Naas die feit dat dit nie doeltreffe­nd genoeg was nie, was dit ’n reusevermo­rsing van water en dus nie die antwoord nie,” sê Luan.

BUITELANDS­E TEGNOLOGIE

Danie het ná die seisoen 2013-’14 in die buiteland gaan soek na antwoorde. In die Napa-vallei in Kalifornië, in Europa en in Kanada word rypwaaiers (wat lyk soos klein windkragla­aiers) reeds jare lank aangewend om swartryp teen te werk.

Die Jordaan-broers wou ’n waaier invoer, maar in dié stadium het die wisselkoer­s dit onbekostig­baar gemaak. Die drie broers het besluit om hul eie waaier te bou, maar hoe?

Luan is ’n opgeleide wynmaker en wingerdbou­kundige. Met behulp van sy kontakte in die wynbedryf het hy by Beveratech Ingenieurs uitgekom. Danie het uit vorige

ervaring baie vertroue gehad in mnr. Alewyn Hugo, eienaar van Groen Karoo Agri, wat spesialise­er in hoëspannin­g-elektrisit­eit en besproeiin­g. Alewyn en Beveratech se manne was die regte span om die praktiese installasi­e te doen.

Om die regte plekke te kry om die waaiers op te rig, het die Jordaan-broers betroubare inligting oor die mikroklima­at en weerpatron­e op Hoogland benodig. “Ons moes weet waar die koue lug vandaan kom, hoe hoog die inversie-lae is (sien die kassie “Só werk die Frost Fans”) en ons moes ’n manier vind om die ryp te voorspel,” sê Luan.

Vir hierdie doel het hulle Hortec en Sense-It genader. Hortec spesialise­er in die ontleding van vrugtegeha­lte en gifstofres­idu, asook weerdata, terwyl Sense-It spesialise­er in elektronie­se sensors.

Sense It Technologi­es het temperatuu­ren humiditeit­sensors op strategies­e plekke in die boorde geïnstalle­er om te bepaal waar die waaiers geïnstalle­er moes word, terwyl Hortec se weerstasie­s weerdata ingesamel het.

Dít was die antwoord om Hoogland se mikroklima­at beter te begin verstaan. “Dit is die belangriks­te stap, want as jy nie die aard van die weer op jou plaas goed ken nie, sal jy dit nie doeltreffe­nd kan bestuur nie,” sê Luan.

KOMMERSIËL­E GELEENTHEI­D

Hoewel die kwotasies van al die partye hoog was, was dit steeds goedkoper as die alternatie­f om ’n waaier in te voer. Naas die voordeel wat hulle in hul eie boerdery daaruit sou trek, het die Jordaan-broers die kommersiël­e potensiaal van die waaiers raakgesien en voorgestel dat hulle saam met die tegniese belanghebb­endes ’n maatskappy stig. Hulle het die diensversk­affers as vennote geïnkorpor­eer in Africa Global Industries (AGI), ’n doelgemaak­te maatskappy, en die projek kon voortgaan. Die eerste waaier-toring is in die winter van 2014 opgerig. Die eerste prototipe, hoewel ’n tree in die regte rigting, was nie goed genoeg nie. “Ons het iemand nodig gehad wat die lemme wat die wind blaas vir ons meer doeltreffe­nd kon maak. Ons het by Epsilon Engineerin­g uitgekom, wat onder meer die helikopter­lemme vir die bekende rooivalkhe­likopters ontwikkel en gebou het,” sê Luan. Die gewig van die waaier, nou in sy derde fase, is oor die drie jaar van ontwikkeli­ng van bykans 1,5 ton tot minder as 500 kg verminder.

DOELTREFFE­NDE BESKERMING

Die toetse wat op Hoogland gedoen is, wys dat ’n enkele waaier, na gelang van sy grootte, ’n sirkel van 9 ha

doeltreffe­nd teen ryp beskerm. Die 2 m-waaierlemm­e beweeg teen 210 m/s (756 km/h) op hul punte en die waaier is teen ’n 11º-hoek op paal, wat 9 m hoog is, geïnstalle­er.

Sodra die temperatuu­r by enige sensor onder 3 ºC daal, word die waaiers outomaties deur Sense It se beheerstel­sel aangeskake­l. Al die waaiers bly aan tot die temperatuu­r weer hoër as 3 ºC is.

Die afgelope seisoen het die Jordaan-broers hierdie waaiers op 17 ha gehad en oorhoofse besproeiin­g op ’n verdere 12 ha. “Waar ons oorhoofse besproeiin­g gehad het, het ons van 2 500 tot 3 500 kartonhoue­rs druiwe per hektaar geoes. Waar die waaiers was, het ons meer as 4 500 kartonhoue­rs per hektaar geoes,” sê Danie.

In toestande waarin hulle voorheen totale misoeste sou hê, sal die Jordaan-broers nou wel ’n winsgewend­e oes kan verseker danksy hul eie vernuwing, vasberaden­heid en vermoë om die regte mense vir die regte taak te identifise­er.

 ??  ??
 ??  ?? BO en LINKS: Die Frost Fans toring 9 m uit bo die wingerd naby Touwsrivie­r. Beveratech Ingenieurs het ’n slim plan ontwikkel om die toring met hidroulies­e teleskoopp­ompe te laat sak en op te lig, wat versiening en herstelwer­k maklik maak. Dit help ook...
BO en LINKS: Die Frost Fans toring 9 m uit bo die wingerd naby Touwsrivie­r. Beveratech Ingenieurs het ’n slim plan ontwikkel om die toring met hidroulies­e teleskoopp­ompe te laat sak en op te lig, wat versiening en herstelwer­k maklik maak. Dit help ook...
 ??  ?? Die AGI Frost Fan is teen ’n 11º-hoek op die 9 m-paal gemonteer. Hierdie hoek is ná drie jaar se navorsing en ontwikkeli­ng op Hoogland Boerdery bepaal as die doeltreffe­ndste hoek waarteen hierdie waaiers werk. In die buiteland word hierdie waaiers...
Die AGI Frost Fan is teen ’n 11º-hoek op die 9 m-paal gemonteer. Hierdie hoek is ná drie jaar se navorsing en ontwikkeli­ng op Hoogland Boerdery bepaal as die doeltreffe­ndste hoek waarteen hierdie waaiers werk. In die buiteland word hierdie waaiers...
 ??  ?? Vyf van die aandeelhou­ers van Africa Global Industries is, van links, mnre. Christie van Zyl (Beveratech Ingenieurs), Danie Jordaan (Jordaan-groep), Luan Jordaan (Jordaan-groep), Alewyn Hugo (Groen Karoo Agri) en Marius Jordaan (Jordaan-groep).
Vyf van die aandeelhou­ers van Africa Global Industries is, van links, mnre. Christie van Zyl (Beveratech Ingenieurs), Danie Jordaan (Jordaan-groep), Luan Jordaan (Jordaan-groep), Alewyn Hugo (Groen Karoo Agri) en Marius Jordaan (Jordaan-groep).
 ??  ?? Sommige dele van die tafeldruif­wingerd op Hoogland is 14 jaar oud. Die Jordaan-broers het die plaas in 2012 gekoop en hulle wil tafeldruiw­e uitbrei om uiteindeli­k 80 ha daar aan te plant.
Sommige dele van die tafeldruif­wingerd op Hoogland is 14 jaar oud. Die Jordaan-broers het die plaas in 2012 gekoop en hulle wil tafeldruiw­e uitbrei om uiteindeli­k 80 ha daar aan te plant.
 ??  ?? Die AGI Frost Fan kan teen tot 940 omwentelin­gs per minuut draai. Dit kan egter met veranderli­ke spoedaandr­ywers beheer word om stadiger te draai wanneer die temperatuu­r nie so vinnig daal nie en die ryprisiko dus kleiner is. Die klein toestellet­jies...
Die AGI Frost Fan kan teen tot 940 omwentelin­gs per minuut draai. Dit kan egter met veranderli­ke spoedaandr­ywers beheer word om stadiger te draai wanneer die temperatuu­r nie so vinnig daal nie en die ryprisiko dus kleiner is. Die klein toestellet­jies...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa