Landbouweekblad

BOERE MOET KYK NA HULSELF ÉN MEKAAR

- — AMELIA GENIS

DIE ergste droogte in menseheuge­nis wat in die drie Kaapprovin­sies heers, knaag aan boere se gemoedere.

Dit kan daartoe lei dat boere wat nie ’n ander uitweg sien in dié tyd van uitermate stres oor reën wat nie kom nie en rekeninge wat betaal moet word, hul eie lewe neem, sê mnr. Henk van Wyk, voorsitter van Agri Noord-Kaap.

Van Wyk het op Agri Namakwalan­d se onlangse jaarlikse kongres op O’Kiep gesê die georganise­erde landbou onderhande­l met die Regering en beraam allerhande ander planne vir boerderye, maar emosionele faktore word feitlik nooit bekyk nie. “Wanneer sulke demoralise­rende toestande heers, is dit ’n wêreldwye verskynsel dat meer boere hul eie lewe neem.

“Geleerdes sê die oorsaak daarvan is dat boere geneig is om te selfvoorsi­enend en te onafhankli­k te wil wees. Hulle kry nie hulp en berading wanneer hulle moet nie.

“Ons vat ons bakkies gereeld om versien te word om hul lewe te verleng en werking te verbeter,

maar wat doen ons vir onsself? Kry ons berading?”

WERKVERSKA­FFER

Hy reken boere het ’n wyer verpligtin­g om na mekaar te kyk. Hy sê verder daar moet reg oor die land groter bewusmakin­g geskied oor die sombere uitdagings wat boere van die ou Kaapprovin­sie ervaar. “Van Calvinia tot by Somerset-Oos is die wêreld kaal. Die Regering sal daarvan bewus gemaak moet word dat wanneer die boeregemee­nskap sukkel, platteland­se gemeenskap­pe ook swaarkry, veral omdat die landbou feitlik die enigste verskaffer van werk in dié ekonomieë is.”

 ??  ?? Mnr. Henk van Wyk
Mnr. Henk van Wyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa