Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA

-

1 UGANDA | Koffieproj­ek werp vrugte af

Uganda het in die afgelope bemarkings­jaar tot 30 September 18% meer koffie uitgevoer as in die vorige jaar. Dit was danksy nuwe aanplantin­gs wat in produksie gekom het. Die land het 4,2 miljoen sakke van 60 kg elk uitgevoer — die meeste sedert 1996. Die land se inkomste uit koffie het met 40% gestyg vanaf $351 miljoen (R4,91 miljard) tot $490 miljoen (R6,9 miljard).

Die Ugandese koffie-ontwikkeli­ngsowerhei­d (UCDA) het sedert 2012 bykans 317 000 koffiesaai­linge aan boere in die 98 koffieprod­userende distrikte versprei, maar lae produktiwi­teit, onvoorspel­bare weer, onvoldoend­e tegniese steun en lae kunsmisver­bruik strem steeds produksie.

Die UCDA is tans besig om alle koffieboer­e te registreer, en ’n nuwe konsepwet oor die koffiebedr­yf word binnekort in die land se parlement bespreek.

Die land se regering wil produksie opstoot tot 20 miljoen sakke koffie per jaar. – Independen­t (Uganda)

2 GHANA en 3 IVOORKUS | Onregverdi­ge kakaopryse moet einde kry

Die buurlande Ghana en die Ivoorkus wil saamwerk om die ongunstige internasio­nale prysreëlin­gs vir kakao aan te pak.

Mnr. Nana Addo Dankwa Akufo-Addo, president van Ghana, sê dit is ’n “skreiende onreg” dat dié twee lande in die 2015-oesjaar ’n skamele $5,75 miljoen (R81,5 miljoen) verdien het vir hul gesamentli­k kakao-oes, wat 65% van die wêreld se kakaoprodu­ksie verteenwoo­rdig. Op daardie tydstip was die wêreldmark nagenoeg $100 miljard (R1 417 miljard) sterk. – All Africa

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa