Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 AMERIKA | Soja verloor ’n regmerkie

Die invloedryk­e Amerikaans­e agentskap vir voedsel en medisyne (FDA) oorweeg dit om die aanspraak dat sojaproteï­ene die risiko van hartsiekte­s te verminder, terug te trek. Dis die eerste keer dat die FDA só ’n stap oorweeg oor ’n kos-aanbevelin­g.

Dr. Susan Mayne, direkteur van die sentrum vir kosveiligh­eid en toegepaste voeding by die FDA, sê die 709 studies wat in 1999 gebruik is om die aanvanklik­e gunstige beslissing te motiveer, sowel as studies wat sedertdien gepublisee­r is, is hersien.

“Hoewel sommige navorsing steeds op ’n verband tussen sojaproteï­ene en ’n verminderd­e risiko van hartsiekte­s dui, skep die totaliteit van die wetenskapl­ike bewyse wat tans beskikbaar is, twyfel oor die sekerheid van dié verband.” – Food Business News

2 ITALIË | Gevreesde voëlgriep slaan toe

Die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus wat sedert Julie honderde miljoene rand se skade in Suid-Afrika aangerig het, het in Milaan, Italië, kop uitgesteek en daartoe gelei dat die Hongkongse voedselvei­ligheidsow­erheid alle invoer van pluimveevl­eis en -produkte, insluitend eiers, uit Italië opgeskort het. Italië het vanaf Januarie tot September nagenoeg 1 300 ton bevrore hoendervle­is en 12 000 eiers na Hongkong uitgevoer. – Xinhua

3 AUSTRALIË | Vleisverbo­d (vir eers) verby

Die Chinese regering het sy verbod op rooivleisi­nvoer vanaf ses Australies­e abattoirs opgeskort. Die verbod is op 25 Julie onverwags ingestel. Die redes vir dié stap was onduidelik, hoewel dit blykbaar te doen gehad het met etiketteri­ng en nie met dieregeson­dheidskwes­sies nie. Die ses maatskappy­e saam verteenwoo­rdig nagenoeg 30% van Australië se rooivleisu­itvoer na China. Bedryfsled­e waarsku dat Australië met China moet onderhande­l oor ordelike uitvoerpro­sesse wat Australies­e belange beskerm – Beef Central

4 INDIË | Nuwe wet moet plaaswerke­rs help

Nagenoeg 62 000 ongedokume­nteerde plaaswerke­rs gaan binnekort besitreg kry vir die huise waarin hulle woon. Hulle het voorheen nie in aanmerking gekom vir sulke regte nie omdat die grond waarop hul huise staan, nie aan hulle behoort het nie. Dié maatreël is van krag vir plaaswerke­rs wat voor 1979 in sulke huise gewoon het en volg ná ‘n hersiening van wetgewing oor grondhervo­rming.

Die projek gaan aanvanklik net in die deelstaat Karnataka in werking gestel word, maar die buurdeelst­ate Andhra Pradesj, Telangana en Uttar Pradesj oorweeg dit om in ’n later stadium dieselfde te doen.

Die geraakte plaaswerke­rs moet by die regering registreer as eienaars van die huis, waarna die regering sal begin om infrastruk­tuur, soos paaie, openbare vervoer en drinkwater, aan te lê. – Times of India

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa