Landbouweekblad

‘WAAK STEEDS TEEN URAANMYNE’

- — MARLEEN SMITH

HULLE sal op hul hoede bly omdat daar steeds ’n werklike bedreiging is dat pogings om uraan in die Karoo te ontgin, in die toekoms hervat kan word.

Só sê aktiviste wat verheug is oor die Australies­e mynmaatska­ppy Peninsula Energy se aankondigi­ng dat hy teen die einde van vanjaar ontslae wil raak van sy 74%-aandeel in die Karoo-uraanmynpr­ojek.

Die res van die aandele behoort aan sy bemagtigin­gsvennote Tasman Pacific Minerals en Lukisa.

Dr. Stefan Cramer van die Southern African Faith Communitie­s’ Environmen­t Institute (Safcei), sê Peninsula se aankondigi­ng is wel iets om te vier, maar hulle het geen illusies daaroor nie: Daar is wél steeds mense wat ’n belang in uraan-ontginning in die Karoo het. Daardie belange bly ’n regstreeks­e bedreiging vir die droë Karoo se kosbare ondergrond­se waterbronn­e.

HANGENDE AANSOEKE

Safcei het saam met boere Peninsula en sy plaaslike vennote se planne teengestaa­n om drie uraanmyne tussen Beaufort-Wes en Aberdeen, op Rhystkuil, Kwaggasfon­tein en Kareepoort, te vestig. Na wat berig word, oorweeg die Oos-Kaapse regering nou die omgewingsi­mpakstudie vir Kareepoort. ’n Beslissing word teen middel Desember verwag, en die Rhystkuil-aansoek s’n vroeg in Januarie.

Cramer sê Peninsula se besluit is die gevolg van normale mark- kragte. Die maatskappy is op die rand van tegniese bankrotska­p en uraanpryse sal vir die afsienbare toekoms onder druk bly, wat dit moeilik maak vir die myne om gelyk te speel.

“Selfs Peninsula se aankondigi­ng dat hy ontslae gaan raak van sy geldhonger Karooproje­kte, kon nie sy aandelepry­s laat herstel nie,” sê Cramer.

Toe Peninsula meer as tien jaar gelede die lisensie-aansoekpro­ses in Suid-Afrika begin het, was die plan om uraan te ontgin met in situ-herwinning­stegnologi­e, wat meer algemeen en kostedoelt­reffend is as ’n tradisione­le oopgroefmy­n. Sedertdien blyk dit dié metode sal nooit kragtens Suid-Afrika se streng Nasionale toegestaan word nie, sê Cramer – des te meer te midde van die huidige waterkrisi­s.

Cramer waarsku egter Peninsula en sy plaaslike vennote besit steeds die omvangryke navorsing wat vir die omgewingsi­mpakstudie­s gedoen is, asook gedetaille­erde ingenieurs­tudies en voorlopige grondwater­navorsing.

BELANGEBOT­SING

Safcei is veral bekommerd dat die Russiese maatskappy Pala Investment­s, wat onlangs sy lenings aan Peninsula in gewone aandele omgeskakel het, gedeelteli­ke eienaarska­p van die Karooproje­k kan oorneem en Peninsula se pogings verder kan voer.

Safcei is ook bekommerd oor die onpartydig­heid al dan nie van die omgewingsi­mpakstudie­s wat vir die beoogde myne gedoen is. Die verantwoor­delike konsultant­e, Ferret Mining and Environmen­tal Services, besit ook ’n betekenisv­olle belang in die Suid-Afrikaanse mynbedryf, sê mnr. Jan Arkert, wetenskapl­ike raadgewer van Safcei.

Talle versoeke van dié organisasi­e vir insae in Peninsula se omgewingsi­mpak-studie-aansoeke het op dowe ore geval, sê Arkert. Die wet en regulasies stel dit duidelik dat so ’n konsultant onafhankli­k moet wees en geen belang in ’n betrokke projek mag hê nie.

 ?? FOTO: HEATHER DUGMORE ?? Dr. Stefan Cramer van Safcei by die oorblyfsel­s van vroeëre prospekter­ing vir uraan, wat ná dekades nog radioaktie­f is.
FOTO: HEATHER DUGMORE Dr. Stefan Cramer van Safcei by die oorblyfsel­s van vroeëre prospekter­ing vir uraan, wat ná dekades nog radioaktie­f is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa