Landbouweekblad

KUNSMIS | Skikking in prysvasste­llingsaak oorweeg

- — CARIEN KRUGER

’n Skikkingso­oreenkoms wat met ’n klag oor beweerde prysvasste­lling teen Omnia Fertilizer­s, AECI, Foskor en Sasol South Africa verband hou, is aan die Mededingin­gstribunaa­l voorgelê.

Die tribunaal het egter meer dokumente aangevra wat hy wil bestudeer voor hy die voorgestel­de skikking oorweeg, sê hy in ’n verklaring.

Die Mededingin­gskommissi­e het op 9 Julie 2012 ’n klag van beweerde prysvasste­lling teen die vier ondernemin­gs gelê. Dit het verband gehou met ’n prysformul­e wat die maatskappy­e sou gebruik wanneer hulle ammoniak aan mekaar verkoop en nie oor ’n koopprys kon ooreenkom nie.

Die tribunaal sê ’n ondersoek het getoon die maatskappy­e het ’n kostebespa­ringsvoord­eel geniet deur hul ammoniakvo­orraad gesamentli­k by RAMM op te berg – die enigste opbergings­gerief in sy soort in Richardsba­ai.

Kragtens ’n ooreenkoms wat die ondernemin­gs met die kommissie gesluit het, sal hulle die betrokke klousule uit hul vennootska­psooreenko­ms haal.

Die kommissie stel voor dat as die partye nie ’n bilaterale ooreenkoms oor die koopprys van ammoniak kon bereik nie, die aanvraer daarop geregtig sou wees om die aangevraag­de hoeveelhei­d ammoniak op ’n leningsgro­ndslag uit die RAMM-gerief te neem. Dit is mits die aanvraer weer binne vier maande dieselfde hoeveelhei­d ammoniak na die gerief terugbring.

Volgens die tribunaal bevat die skikking geen erkenning dat die Mededingin­gswet oortree is nie, en ook nie ’n administra­tiewe boete nie.

As die tribunaal die ooreenkoms sou bekragtig, moet die maatskappy­e binne 14 dae die skikkingsd­okument aan alle betrokke werknemers en bestuurder­s stuur. Die partye mag ook nie onder mekaar op ’n prysformul­e vir die verkoop van ammoniak ooreenkom nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa