Landbouweekblad

PLUIMVEE | Help, vra FairPlay

- — CARIEN KRUGER

Die FairPlay-teenstorti­ngsbewegin­g het verlede week ’n versoekskr­if met meer as 8 000 handtekeni­nge by die Presidensi­e ingedien waarin hulle pres. Jacob Zuma, adj.pres. Cyril Ramaphosa, mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, vra om dringend in te gryp in die hoenderbed­ryf.

In die versoekskr­if sê FairPlay dit gaan ’n treurige Kersfees wees vir die sowat 6 000 mense wat hul werk weens die krisis in die hoenderbed­ryf verloor het. Die werksverli­ese is veroorsaak deur storting van goedkoop hoender. Dit kom terwyl daar nog geen planne teen die storting aangekondi­g is nie.

Mnr. Francois Baird, sakeman en filantroop wat FairPlay gestig het, sê in ’n verklaring die Regering het al in November verlede jaar ’n taakspan aangestel om oplossings te vind. “Ons is steeds nog niks nader daaraan om te weet watter ernstige ingrypings beplan word om die ondergang van dié uiters waardevoll­e plaaslike bedryf te keer nie”.

FairPlay, wat onder meer deur die Food and Allied Workers’ Union (FAWU) en KFC gesteun word, hoop die versoekskr­if sal tot ’n gesprek met die staat lei, wat stappe teen storting sal meebring.

In die versoekskr­if sê Baird nog 130 000 poste kan in gedrang kom as storting toegelaat word om voort te duur. Hy sê Zuma is al persoon wat dit kan voorkom en vra hom om dadelik op te tree. “Duisende mense maak op u staat,” het hy aan Zuma gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa