Landbouweekblad

Ondernemin­gs wêreldwyd ondersteun Swart Maandag

Outdoor Investment Holdings en sy internasio­nale vennote het hul gewig ingegooi agter die Swart Maandag-veldtog wat op 30 Oktober stemme teen plaasmoord­e laat opgaan het.

-

Suid-Afrika beleef ’n moeilike tyd, sê mnr. Marco van Niekerk, hoof- uitvoerend­e beampte van Outdoor Investment Holdings (Edms.) Bpk. “Mense weet nie hoe om op te tree nie. Almal weet egter iets moet gedoen word. Die Swart Maandag-beweging was ’n begin, al was dit net om bewustheid te skep. Ons samelewing, die man op straat, is desperaat.”

Marco sê die veldtog het ongelukkig ook gewys hoe verdeeld Suid-Afrikaners is. “Tydens en ná die byeenkomst­e was dit duidelik hoe selfs ’n protesoptr­ede teen moord deur faksies en politieke partye misbruik word. Misdaadsta­tistieke verander elke minuut, na gelang van die gehoor en agenda, en ons moet self probeer uitvind wat die waarheid is.”

Die getal boere wat vermoor en gemartel word, het afmetings aangeneem wat selfs Suid-Afrika se verdeelde samelewing om solidarite­it laat uitroep, sê hy.

Outdoor Investment Holdings (Edms.) Bpk. (die houermaats­kappy van Safari Outdoor, Formalito, Inyathi Sporting Supplies en Safari Outfitters) neem nie ’n politieke of kulturele standpunt in nie, maar sal sy gekombinee­rde gewig ingooi agter enige wettige inisiatief wat plaasaanva­lle probeer stuit.

“Behalwe vir ons besighede se personeel wat solidarite­it met ons plaaseiena­ars en -werkers betoon het deur swart klere te dra, het ons ook wêreldwyd na ons vriende uitgereik om hul steun te voeg by ons toenemende desperaath­eid. Die spanne van Leupold & Stevens, Hornady en talle ander het aan ons oproep gehoor gegee en ook swart gedra.

Die Hornady-span in Amerika staan trots saam met Suid-Afrikaanse boere en hul gesinne.

“Swart of wit, manlik of vroulik, niemand moet die slagoffer van geweldsmis­daad wees nie.”

Die Leupold-span in Amerika het hierby aangesluit.

“Ons gedagtes en gebede is by die boere, werkers en gesinne wat ly weens geweldsmis­daad in Suid-Afrika.”

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Hornady-span by Grand Island in Nebraska, Amerika.
FOTO’S: VERSKAF Die Hornady-span by Grand Island in Nebraska, Amerika.
 ??  ??
 ??  ?? Die Leupold Optics & Stevens-span in Portland, Oregon, Amerika.
Die Leupold Optics & Stevens-span in Portland, Oregon, Amerika.
 ??  ?? Mnr. Marco van Niekerk, hoofuitvoe­rende beampte van Outdoor Investment Holdings.
Mnr. Marco van Niekerk, hoofuitvoe­rende beampte van Outdoor Investment Holdings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa