Landbouweekblad

TERUGHOUSA­AD IS DUUR SAAD

- — HELÉNE BOOYENS

Die duurste saad is heel moontlik nie dié waarvoor jy baie betaal nie, maar eerder terughousa­ad wat uiteindeli­k tot ’n swakker stand, ’n laer opbrengs en dus ’n kleiner inkomste lei.

Dít was die saadmaatsk­appy Agricol se boodskap op die Swartlands­e Kleingraan­ontwikkeli­ngsgroep se boeredag op die Langgewens-proefplaas by Moorreesbu­rg.

“’n Baie algemene praktyk onder sekere boere is om saad terug te hou ten einde koste te bespaar. Gesertifis­eerde kanolasaad waarborg gehalte – gesonde, kiemkragti­ge saad met ’n goeie ontkieming­spersentas­ie en wat vry van onkruid en patogene organismes is.”

Agricol sê hoewel boere waarskynli­k die ontkieming van teruggehou­de saad toets, word die invloed van terughoudi­ng dikwels nie in ’n eenvoudige onkiemings­toets weerspieël nie. Die groeikragt­igheid en gehalte van dié saad kan weens verskeie faktore aansienlik swakker wees.

“Probleme weens wisseling in genetiese suiwerheid kan voorkom. Kanola is oop- én kruisbestu­iwend. Vanweë die bedrywighe­de van insekte (veral bye) vind kruisbestu­iwing tussen kanolaplan­te binne ’n land plaas, maar ook oor betreklik groot afstande. Genetiese verskuiwin­g kan dus plaasvind, met die gevolglike agteruitga­ng van eienskappe.

“Daar kan ook ’n verlies aan eienskappe spesifiek aan die kultivar wees. Hier word verwys na sekere kultivars se verdraagsa­amheid teenoor sekere groepe onkruiddod­ers. Die verlies aan ’n eenvormige stand en gevolglik groter verliese tydens oestyd is ’n verdere voorbeeld.”

Onkruidbes­metting is nog ’n struikelbl­ok en kan onkruidbes­tuur bemoeilik, produksiek­oste verhoog en tot pryspenali­sering lei wanneer ’n produk van ’n swakker gehalte gelewer word.

Die saad kan ook Sclerotini­a-vrugliggam­e bevat, wat tot die besmetting van die aanplantin­g kan lei.

“Teruggehou­de saad afkomstig van ’n aanplantin­g waarin swartstam op die peule voorgekom het, sal beslis swarstam-besmette saad oplewer. Indien sodanige saad dan weer geplant word, sal hoë swartstamd­ruk reeds vanaf die saailingst­adium aanwesig wees, wat opbrengsve­rliese kan meebring. Dié geweldige patogene druk kan ook bydra tot ’n sneller agteruitga­ng van die kultivar se inherente weerstand weens die verhoogde moontlikhe­id van mutasie van die swartstam.”

Volgens Agricol het navorsing oor teruggehou­de saad in Australië getoon dat opkoms met gemiddeld 26,2% afgeneem het en groeikragt­igheid en opbrengs met onderskeid­elik 23,2% en 12,4%.

 ?? FOTO: RESEARCH.BAYER.COM ?? Pasop vir kanolasaad terughou. Dit kan jou duur te staan kom, waarsku saadmaatsk­appye.
FOTO: RESEARCH.BAYER.COM Pasop vir kanolasaad terughou. Dit kan jou duur te staan kom, waarsku saadmaatsk­appye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa