Landbouweekblad

AARTAPPELS VIR MARS

-

Wetenskapl­ikes van die Amerikaans­e ruimteagen­tskap Nasa en die internasio­nale aartappels­entrum (CIP) het vier aartappelk­ultivars geïdentifi­seer wat só gehard is dat dit heel moontlik selfs op Mars sal kan groei.

Die webwerf SciDevNet berig dat die span altesaam 65 kultivars ondersoek het om te kyk of hulle in grond so brak soos dié van die Rooi Planeet kan groei.

Een daarvan is Tacna, wat in 1993 in Peru ontwikkel is. Die kultivar is kort daarna na China uitgevoer, waar dit sy staal op droëland en brak grond só goed getoon het dat dit in 2006 daar as Jishangshu 8 herdoop is en sedertdien wyd verbou word. Dit is ook na Oezbekista­n, met sy hoë temperatur­e en watertekor­te, uitgevoer. Daar heet dit nou Pskom.

Die tweede kultivar wat as potensiëel geskik vir Mars geïdentifi­seer is, word in die kusstreke van Bangladesj verbou, waar die grond brak en temperatur­e ook hoog is. Die ander twee moontlikhe­de is klone wat belofte toon om in nuwe kultivars ontwikkel te word.

Hierdie vier kultivars en klone is die resultaat van die CIP se teelprogra­m vir die ontwikkeli­ng van aartappelk­ultivars wat geskik is vir verbouing in laagliggen­de, subtropies­e gebiede met ekstreme temperatur­e omdat hierdie gebiede na verwagting erg deur klimaatsve­randering getref gaan word.

“Dit was ’n aangename verrassing om te sien dat ons hierdie aartappels sodanig verbeter het dat hulle ook in grond soos dié van Mars sal kan groei,” sê mnr. Walter Amorós van CIP, een van vyf wetenskapl­ikes wat by die projek betrokke is.

Die Peruviaans­e wetenskapl­ike dr. Julio Valdivia-Silva, wat in Nasa se Ames-navorsings­entrum in Kalifornië gewerk het, het tot die gevolgtrek­king gekom dat grond uit die La Joya-woestyn in die suide van Peru soortgelyk aan dié op Mars is. Dit is baie droog, steriel, uit vulkaniese rots gevorm en het ’n baie hoë soutinhoud. — MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: NASA EN CIP ?? ’n Aartappelp­lant groei in die Mars-agtige atmosfeer en grond van die CubeSat, ’n minisatell­iet wat wetenskapl­ikes gebou het om geskikte aartappelk­ultivars vir Mars te toets.
FOTO: NASA EN CIP ’n Aartappelp­lant groei in die Mars-agtige atmosfeer en grond van die CubeSat, ’n minisatell­iet wat wetenskapl­ikes gebou het om geskikte aartappelk­ultivars vir Mars te toets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa