Landbouweekblad

Nuut opdierak!

-

MONITOR

HOU ’N WAKENDE OOG OP WERKSPANNE Om werkspanne van ’n sentrale punt af op afgeleë plekke te monitor is nie so maklik nie, veral nie wanneer jy op selfoonnet­werke moet staatmaak om vir jou beeldmater­iaal te stuur nie.

Gevolglik het Qubi Systems van Modimolle in Limpopo die QUBIcam ontwikkel. Dié kamera neem elke 15 minute ’n foto en stuur dit na ’n sentrale bediener van Qubi Systems. Die eienaar kan te eniger tyd aanmeld en kyk na wat die kamera op ’n bepaalde tydstip afgeneem het.

Mnr. Willie Cloete van Qubi Systems sê een van sy kliënte gebruik die stelsel om te kyk hoe sy werkspanne vorder met die installeri­ng van spilpunte. Die kamera gaan dus bedags saam na die werksterre­in toe. “My kliënt kan sien hoe vinnig of stadig sy spanne werk en of hulle die regte stappe en veiligheid­sprosedure­s volg.” Die kamera kan by selfoonnet­werke inskakel of aan Wi-Fi-netwerke gekoppel word en só data stuur. Waar daar nie netwerkdek­king is nie, kan dit tot 3 500 foto’s bêre en dit dan stuur wanneer daar weer ’n dataverbin­ding is. Die QUBIcam kan vir vyf dae werk voor die battery gelaai moet word. Aangesien dit nie foto’s na ’n selfoon of e-posadres stuur nie, veroorsaak dit nie ’n opeenhopin­g van data op die gebruiker se toestel nie. PRYS: R5 586. NAVRAE: Mnr. Willie Cloete, sel 082 561 3373.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa