Landbouweekblad

Nuwe opgietmidd­el troef dié parasiete

’n Nuwe opgietmidd­el vir die bestryding van blouboslui­se, horingvlie­ë en rondewurms by beeste is nou by MSD Animal Health beskikbaar, skryf dr. Tom Strydom, internasio­nale tegniese direkteur vir teenparasi­tiese middels by MSD Animal Health.

-

Vleisbeesb­oere kan uitsien na beter bestryding van blouboslui­se (Rhipicepha­lus [Boophilus] spp.) en rondewurms by vleisbeest­e in Suid-Afrika. Dié opgietmidd­el, Avotan® Plus Pour-On (reg.nr. G4216, Wet 36 van 1947), se formulasie bestaan uit ’n kombinasie van fluasuron en abamektien en het ’n na-werkende effek van 42 dae vir die bestryding van blouboslui­se.

Die unieke kombinasie van abamektien en fluasuron in Avotan® Plus Pour-On maak die produk ’n uitstekend­e hulpmiddel vir die beesboer wat blouboslui­se én rondewurms wil bestry.

STREM GROEI

Fluasuron behoort tot ’n groep chemiese middels wat bosluisgro­eireguleer­ders genoem word. Hierdie middels veroorsaak nie regstreeks dat bosluise vrek nie, maar meng in met die groei en ontwikkeli­ng van die parasiete.

Bosluisgro­eireguleer­ders se werking is hoofsaakli­k op die onvolwasse stadiums van die parasiete gemik. As sodanig is dit dus nie geskik vir die vinnige bestryding van gevestigde volwasse bosluisbev­olkings nie.

Fluasuron onderdruk die sintese van chitien, die primêre komponent van die eksoskelet van bosluise en ander insekte, tydens die vervelling­sproses van die bosluis.

Die uitwerking van fluasuron op volwasse bosluise is dus ’n afname in die fekunditei­t en vrugbaarhe­id van wyfieboslu­ise.

Die aktiewe bestanddee­l word gedeelteli­k in die melk van lakterende koeie uitgeskei. Kalwers wat steeds aan hul moeders suip, kry sodoende genoeg fluasuron in om hulle teen bosluise te beskerm en benodig nie bykomende behandelin­g nie.

Abamektien is ’n avermektie­n wat tot die makrosikli­ese laktoongro­ep van middels behoort. Makrosikli­ese laktone is breëspektr­um- antiparasi­tiese middels wat doeltreffe­nd is teen inwendige en uitwendige parasiete. Hierdie groep middels bestry bosluise in alle stadiums van hul lewensiklu­s, maar is vanweë hul sistemiese werking net geskik vir die bestryding van blouboslui­se. Die groep middels is ook doeltreffe­nd met die bestryding van rondewurms by herkouers.

PLAASLIK GETOETS

’n Studie is in Suid-Afrika gedoen om die doeltreffe­ndheid van Avotan® Plus Pour-On (2,5% m/v fluasuron en 1 % m/v abamektien) teen blouboslui­se te vergelyk met dié van ’n kommersiël­e opgietform­ulasie as verwysings­middel wat ook 2,5% m/v fluasuron bevat.

Die resultate van die studie het getoon dat Avotan® Plus PourOn op dag twee ná behandelin­g van die diere meer as 80%, en op dag drie meer as 90% doeltreffe­nd was met die bestryding van blouboslui­se. Vir 39 dae ná behandelin­g is ’n doeltreffe­ndheid van meer as 90% gehandhaaf.

Op dag 14 ná behandelin­g was Avotan® Plus Pour-On 100% doeltreffe­nd met die bestryding van blouboslui­se, en dié persentasi­e is gehandhaaf tot dag 35.

By diere wat met die verwysings­middel behandel is, is ’n doeltreffe­ndheid van meer as 80% teen blouboslui­se eers op dag 15 behaal, meer as 90% op dag 18 en 100% op dag 22.

’n Doeltreffe­ndheid van meer as 90% is gehandhaaf vir 36 dae en 100% vir 31 dae ná behandelin­g met die verwysings­middel.

Hierdie studie toon dat Avotan® Plus Pour-On vanaf dag 3 tot dag 60 ná die behandelin­g van diere met meer as 90% doeltreffe­nd is in die bestryding van blouboslui­se.

Omdat koeie fluasuron in melk uitskei, kan die nawerkende effek van Avotan® Plus PourOn by lakterende koeie korter wees as by nie-lakterende diere.

Navorsing het ook gevind dat die nawerkende effek van fluasuron by nie-lakterende Bos indicus-rasse tot 12 weke kan wees – twee tot drie weke langer asby Bos taurus-rasse – vanweë die natuurlike weerstand wat hierdie rasse teen bosluise het.

GEEN WURMS

In ’n tweede plaaslike studie is die doeltreffe­ndheid van Avotan® Plus Pour-On teen ’n gemengde rondewurmb­esmetting by beeste bepaal. Die diere was besmet met bruinmaagw­urm (Ostertagia ostertagi), haarwurm (Haemonchus placei), bankrotwur­m van beeste (Cooperia spp.), haakwurm ( Bunostomum spp.) en knoppieswu­rm (Oesophagos­tomum spp.).

Van 14 tot 16 dae ná behandelin­g met Avotan® Plus Pour-On het nekropsie plaasgevin­d en het die resultate van wurmherwin­nings getoon dat die produk 100% doeltreffe­nd was met die bestryding van dié wurmspesie­s.

STRATEGIE

MSD Animal Health beveel die gebruik van Avotan® Plus Pour-On veral aan op plase waar blouboslui­se weerstand teen organofosf­ate, sintetiese piretroïde en amidiene toon.

Dit word ook as deel van strategies­e behandelin­g aanbeveel met die eerste somerreën in Oktober en November op alle plase waar blouboslui­se voorkom, of wanneer die eerste hoë getalle van blouboslui­swyfies waargeneem word. ’n Opvolgbeha­ndeling word in Januarie aanbeveel.

Alternatie­welik kan ’n behandelin­g met Solution® 3.5% LA (reg.nr. G3689, Wet 36 van 1947) met die eerste somerreën gegee word. ’n Opvolgbeha­ndeling met Avotan® Plus Pour-On kan in Januarie gegee word wanneer kalwers aan hul moeders suip.

NAVRAE: Webwerf: www.msdanimal-health.co.za; tel. 011 923 9300.

 ?? FOTO: VERSKAF DEUR MSD ANIMAL HEALTH ?? Avotan® Plus Pour-On is nou van MSD Animal Health beskikbaar nadat dit deur die registrasi­ehouer, Intervet South Africa (Edms.) Bpk., beskikbaar gestel is.
FOTO: VERSKAF DEUR MSD ANIMAL HEALTH Avotan® Plus Pour-On is nou van MSD Animal Health beskikbaar nadat dit deur die registrasi­ehouer, Intervet South Africa (Edms.) Bpk., beskikbaar gestel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa