Landbouweekblad

BOKKAAS BAAN WEG VIR SONJA

Sonja Ferreira het bekendheid verwerf met haar bokmelkkaa­sbesigheid, Tantinki, en later met dekadente soetgoed van bokmelk.

-

Toe Sonja in 1999 op ’n stukkie gehuurde grond buite Oudtshoorn met melkbokke begin boer het, sou sy nooit kon raai dat sy ’n bekende naam in kaaskringe gaan word nie.

Met bloedsweet, trane en harde werk het sy haar bokmelkbes­igheid ontwikkel tot Tantinki, ’n suksesvoll­e handelsmer­k. Die besigheid het sy naam gekry van haar kleinste melkbokkie, wat haar kinders Tinktinkie gedoop het omdat sy so klein en fyn was.

Een van die plaaswerke­rs, oom Jan, het die naam verkeerd uitgespree­k en so is Tantinki gebore.

Toe haar kaasmakery goed op dreef was, het Sonja begin eksperimen­teer met buitengewo­ne bokmelkpro­dukte, soos karamel en fudge, en spoedig het sy agterge- kom dít is eintlik waar haar liefde lê. Lekkergoed is wat sy wil maak.

Sy het ná baie jare haar kaasbesigh­eid verkoop en begin klem lê op bokmelk-soetgoed. Deesdae hou sy haar besig met haar lekkergoed-reeks, Tantinki Candy.

Dit is nou wanneer sy nie as sjef by Villa d’Lockyer, haar familie se gastehuis en restaurant, op Willowmore instaan nie.

Hoewel sy nie meer op die plaas woon nie, hou sy darem nog ’n paar hoenders aan en sy bied ook nog altyd kursusse in kaasmaak by mense se huise aan. Verder maak sy die heerlikste roomkaas en gerookte kase vir die gastehuis.

En, ja, sy het steeds groot drome. Haar eie lekkergoed­fabriek, waar sy die stroopsoet skeppings waaroor sy droom gestalte kan laat kry, is die projek wat sy volgende wil aanpak.

 ??  ?? Van links: Billie-Jeanne Raulstone, Elma Postma, Sonja Ferreira en Marré Mostert in Villa d’Lockyer op Willowmore se kombuis.
Van links: Billie-Jeanne Raulstone, Elma Postma, Sonja Ferreira en Marré Mostert in Villa d’Lockyer op Willowmore se kombuis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa