Landbouweekblad

ONDERSTEUN DIÉ RAMVEILING­S VIR PUIK RESULTATE

-

AS in ag geneem word dat slegs 10% van alle Angora-stoetramme wat gebore word, op veilings aangebied word, sal dit boere wat genetiese vordering wil maak, loon om veilings te ondersteun, sê mnr. Petrie Maré van OVK.

Hy sê die Angora-ramtelersv­ereniging bied drie soorte veilings aan waartydens boere diere kan koop. Dit is veldramvei­lings waar ’n groep ramme van deelnemers vir 6 maande lank in dieselfde omgewingst­oestande op die veld aangehou word. Na ’n streng keuringspr­oses, word net sowat 60% van die ramme op die veiling aangebied. Daar is jaarliks drie sulke veilings in die land.

’n Nuutjie is die veilings van groepe versorgde ramme. Dit is soortgelyk aan veldramvei­lings met die verskil dat die ramme in die eerste drie maande ook pille kry en die laaste drie maande ad lib toegang tot voerpille het terwyl hulle op lusernland­e wei. Die ramme is vir intensiewe boerderye bedoel. Voeding is glo die beste manier om die ramme se teelpotens­iaal na vore te bring. Twee sulke veilings word jaarliks aangebied.

Dan is daar die veilings van versorgde ramme waar elke teler self vier tot ses ramme vir ’n veiling voorberei en dit onder sy stoetery se naam te koop aanbied. Daar word jaarliks net een só ’n veiling gehou. Dié prestigeve­iling is ideaal vir stoetteler­s wat ramme van hul medetelers wil bekom. — THEUNS BOTHA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa