Landbouweekblad

WIE IS AFRICAN RAINBOW CAPITAL?

-

Ubuntu-Botho Investment­s (UBI) is in 2004 gestig met die oogmerk om swart beheerde kapitaal op te bou deur Sanlam se bemagtigin­gsvennoot te word. Daarbenewe­ns was UBI se visie om ’n verskil te maak in die lewe van gewone Suid-Afrikaners deurdat dit die vernaamste finansiële­dienste-entiteit in swart besit was.

Die eerste fase was om kapitaal op te bou in vennootska­p met Sanlam.

Dié doel is nou grootliks bereik met UBI wat nou sowat 14,5% van Sanlam se uitgereikt­e aandele besit. Die waarde daarvan is

tans sowat R17 miljard.

Die tweede fase van die visie behels die gedeelteli­ke belegging van kapitaal in African Rainbow Capital (ARC), wat hoop om die voorste Suid-Afrikaanse finansiële­dienstemaa­tskappy in swart besit en onder swart beheer te word.

Die aandeelhou­ers in UBI is onder meer die Ubuntu-Botho Women’s Upliftment Trust, die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), die South African Democratic Teachers’ Union (Sadtu), nagenoeg 20 kerkgroepe (waaronder die Zion-Christenke­rk), openbare maatskappy­e en jeugtrusts.

ARC se voorsitter is mnr. Patrice Motsepe, wat ’n 55%-aandeel in UBI het. Die twee uitvoerend­e hoofde is dr. Johan van Zyl en mnr. Johan van der Merwe.

Laasgenoem­de is in 2002 as die uitvoerend­e hoof van Sanlam Investment­s aangestel nadat hy by onder meer Investec en Gencor/Billiton gewerk het. Van der Merwe beklee steeds hierdie posisie en is ’n kundige in algemene en internasio­nale besigheid, asook finansiële markte en beleggings. Hy is ’n nie-uitvoerend­e direkteur van ’n aantal van Sanlam se filiaalmaa­tskappye en is ’n nie-uitvoerend­e lid van ’n aantal van die Sanlam-groep se direksies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa