Landbouweekblad

SÓ WERK DIE FROST FANS

-

Op die bekendstel­ling van Africa Global Industries se Frost Fans, het mnr. Pieter Haasbroek van Hortec, ’n instansie wat navorsing oor sagtevrugt­e doen, verduideli­k hoe ryp werk. “Met swartryp is daar gewoonlik geen of min wind betrokke. ’n Kolom koue lug vloei soos water in die laaggeleë gebiede af tot waar dit ‘opdam’. As hierdie kolom deur jou boord loop, sal dit beslis skade aanrig, mits jy die koue lug vinnig genoeg met warmer lug kan meng.”

Volgens hom vorm daar inversiela­e in die lug bo die grond. “Hierdie laag vorm gewoonlik van 8 m tot 10 m bo die grond. Dit skei die kolom koue lug van warmer lug en die twee meng nie spontaan nie. Die Frost Fans werk dus op twee maniere. Die eerste is om die warmer lug aan die bokant met die kolom koue lug te meng. Die tweede funksie is om te verseker dat die lug op die grond begin beweeg om skade te verminder deur die temperatuu­r op die grond met tot 3 ºC te verhoog.

“Afvoerslot­e, nes vir water, aan die bokant van die stuk grond, boord of wingerd wat jy teen ryp wil beskerm, kan ook help. Dit werk op dieselfde beginsel as om water af te keer. Op Hoogland is ’n sloot van ongeveer 2 m diep gegrawe en ’n grondwal is aan die onderkant van die sloot gegooi. Ons meet ’n verskil van minstens 3 °C in lugtempera­tuur op die grondopper­vlak tussen die bo- en onderkante van die sloot,” sê Pieter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa