Landbouweekblad

WAT SÊ ANDER BOERE?

-

Wêreldwyd raak weerpatron­e ál meer onvoorspel­baar. Dit bring ’n al hoe groter risiko mee vir boere en maak tegnologie wat produsente daarteen verskans des te meer waardevol.

Die drie Jordaan-broers, Danie, Luan en Marius, van De Doorns het gevestigde tegnologie by Suid-Afrikaanse toestande aangepas en bekostigba­ar gemaak. Dít gaan volgens mnr. Jannie Nieuwoudt van Cederwater Boerdery in die Sederberge, tussen Clanwillia­m en die Koue-Bokkeveld, vir ander boere tot groot voordeel wees.

“Ek is seker die Jordaan-broers het baie kritiek uitgelok weens hul tafeldruif­boerdery hier in Touwsrivie­r. Hulle het duidelik besluit dat hulle ’n sukses daarvan sal maak en tot ons almal se voordeel vasberade gaan wees om dit te laat slaag,” sê Jannie.

Africa Global Industries (AGI) is die maatskappy wat gestig is deur die Jordaan-groep, Beveratech, Groen Karoo Agri en Sense It Technologi­es. Die maatskappy se Frost Fans, wat ryp by hul tafeldruif­wingerde help bekamp, gaan minder as R90 000 per hektaar (sonder aflewering en installeri­ng) kos. Volgens mnr. Raymond Gibson, eienaar van Howbill Properties, een van die grootste sagtevrugt­eprodusent­e in die Ceres-omgewing, is die koste steeds ’n ernstige oorweging.

“Die Frost Fans is ongetwyfel­d die toekoms van rypbestryd­ing, maar dit bly ’n koste-oorweging. In my lewe het ons nog nie meer as een maal in ses jaar ryp gehad nie. Dis ’n eenvoudige som: Kyk of die koste van die Frost Fans minder gaan wees as die verlies aan inkomste weens ryp,” sê Raymond.

Die Frost Fans is egter nie die enigste voorsorg wat getref kan word om ryp teen te werk nie. Jannie, wat met sagteskils­itrus boer, was ingenome met die inligting wat hy op die bekendstel­ling oor die Frost Fans ontvang het. “Ek gaan beslis eers die kanaliseri­ng van koue lug in die boorde implemente­er. Indien dit nie werk nie, sal ek die waaiers oorweeg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa