Landbouweekblad

Uganda omarm die landbou

Die Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika, wat in November in Uganda vir boere, verskaffer­s van produksiem­iddele en landbou-ondernemin­gs aangebied word, wil die florerende landboubed­ryf in dié streek ten toon stel en Uganda as voorste landbougeb­ied bemark.

-

Die toonaangew­ende landbougel­eentheid Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika word van 29 tot 30 November in Namulongo, Uganda, aangebied – hierdie keer as ’n volwaardig­e konferensi­e en buitelug-uitstallin­g by die nasionale navorsings­instituut vir gewashulpb­ronne (NaCRRI). Naas verskeie kundiges van Afrika en die res van die wêreld gaan daar ook meer as 45 uitstaller­s wees. Gratis opleidings­essies en landboukun­dige konsultasi­es, rondetafel­bespreking­s, asook demonstras­ies en proewe word aangebied.

“Die vinnige ontwikkeli­ng van Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika, wat vanjaar ’n volledige buitelug-ekspo gaan wees, weerspieël die florerende landboubed­ryf en die streek se hoë verwagting­e dat Oos-Afrika die middelpunt word van die vasteland se landboubed­rywighede,” sê me. Yolanda dos Santos, geleenthei­dsdirekteu­r.

“Oos-Afrika het 145,5 miljoen verbruiker­s en die waarde van sy landboumar­k is meer as $147 miljard. Tog ontwikkel die streek se landbousek­tor nie vinnig genoeg om in die mark se behoeftes te voorsien nie weens ’n gebrek aan kommersial­isering, meganisasi­e en toegang tot inligting.

“Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika gaan vanjaar die vyfde keer alle belanghebb­endes in die bedryf – boere, landbouken­ners, bedryfsorg­anisasies, die regering en plaaslike en internasio­nale verskaffer­s en diensversk­affers – bymekaarkr­y. Om ’n volskaalse buitelug-uitstallin­g van stapel te kan stuur, is ons vanjaar veral opgewonde om hande te vat met die NaCRRI om aan uitstaller­s en besoekers ’n nog beter ervaring te gee.”

Die graanraad van Uganda (TGCU) is die amptelike gasheerven­noot. Mnr. Chris Kaijuka, voorsitter van die TGCU, sê Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika en die buitelugui­tstalling lewer ’n belangrike bydrae tot die ontwikkeli­ng van Oos-Afrika se landbousek­tor deur kennis te verskaf, netwerkgel­eenthede en markte te ontwikkel en ontluikend­e tegnologie beskikbaar te stel.

“Vir ons om werklik die geleenthei­d aan te gryp in Oos-Afrika, en veral Uganda, wat ontwikkel het as die nuwe voorloper vir voedsel- en graanprodu­ksie en die vasteland se kosmandjie, moet ons byeenkom en stappe doen om die bedryf vorentoe te neem. Ons doen ’n beroep op alle belanghebb­endes in die landboubed­ryf om hierdie goue geleenthei­d te benut om verskaffer­s, kopers en tegnokrate te ontmoet en by te dra tot die ontwikkeli­ngsdebat.”

ONDERSTEUN­ING

Ander vennote sluit in die landbouraa­d van Tanzanië (ACT), die Alliansie vir Kommoditei­tverhandel­ing in Oos- en Suider-Afrika (Actesa), die Gemeenskap­like Mark vir Oos- en Suider-Afrika (Comesa), die

Oos-Afrika-boerefeder­asie, die Oos-Afrikagraa­nraad, Farm Concern, die Internasio­nale Lewendehaw­e-navorsings­instituut (ILRI) en die SA Capital Equipment Export Council (SAEEC).

Meer as duisend besoekers gaan Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika na verwagting bywoon. Toegang tot die ekspo is gratis.

Net soos in vorige jare het die tegnologie­en dienstebed­rywe ten volle betrokke geraak met selfs meer geleenthed­e om hul produkte en dienste ten toon te stel.

John Deere en Mascor is die platinumbo­rge, terwyl Case, Engsol, Tafe en Toyota goue borge is.

LANDBOUBEL­EGGINGS

Volgens die Ugandese beleggings­liggaam (UIA) is die landbou die belangriks­te sektor in Uganda. Die landbou verskaf werk aan sowat 69% van die bevolking en het in 2015-’16 sowat 26% tot die bruto binnelands­e produk bygedra. Die regering het sy bydrae tot die landbousek­tor in die begroting vir 2016-’17 tot UGX832,42 miljard (R3,24 miljard) verhoog – ’n verhoging van 65%.

Die belangriks­te landbougew­asse is graan, suikerriet, katoen, tee en koffie, en dit beloop 20% van die verdienste uit uitvoer en ’n derde van verdienste aan buitelands­e valuta.

In die jongste nasionale ontwikkeli­ngsplan word klem gelê op die belangrikh­eid van landbouver­werking en die waardetoev­oeging van Uganda se tradisione­le kontantgew­asse, veral katoenplui­sery, teeverwerk­ing, die verwerking van koffiebone en die hantering van tabak.

Die UIA dui die volgende beleggings­moontlikhe­de in die landbou aan: Kommersiël­e landbou in sowel gewasse as diere en akwakultuu­r; Waardetoev­oeging (landbou- en voedselbed­rywe); Logistiek en koue opbergings­geriewe; Die vervaardig­ing van produksiem­iddele (byvoorbeel­d kunsmis en gifstowwe); Die vervaardig­ing en oprigting/montering van plaasmasji­nerie en werktuie; Verpakking; en Besproeiin­gskemas. Nog geleenthed­e sluit in die vervaardig­ing van koringprod­ukte, die vinniggroe­iende sektor vir melkproduk­sie en -verwerking, vrugteverw­erking, die droog van vrugte, graanmeule en vleis- en visverwerk­ing.

Uganda is een van die voorste produseren­de lande van koffie, piesangs en oliesaadge­wasse, waaronder sojaboon en sonneblom. Dit lewer ook beduidende hoeveelhed­e tee, organiese katoen, tabak, graankos, blomme, vars vrugte en groente, neute, olies, pluimvee en varswaterv­is.

Die land is opgedeel in spesifieke produksieg­ebiede. Om logistiek, die verskaffin­g van landboupro­dukte en die ontginning van grondstoww­e makliker te maak, is al hierdie gebiede aan mekaar verbind deur ’n goeie nasionale padnetwerk.

Besoek www.ugandainve­st.go.ug vir nog inligting.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika word vanjaar by die nasionale navorsings­instituut vir gewashulpb­ronne in Namulonge aangebied. Boere sal na die jongste proewe kan kyk (onder) en verskaffer­s sal plek hê om groter landbouteg­nologie ten toon te stel.
LINKS: Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika word vanjaar by die nasionale navorsings­instituut vir gewashulpb­ronne in Namulonge aangebied. Boere sal na die jongste proewe kan kyk (onder) en verskaffer­s sal plek hê om groter landbouteg­nologie ten toon te stel.
 ??  ?? BO: Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika bied ’n groot buitelug-uitstallin­g aan besoekers saam met verskeie demonstras­ies van werktuie. Grootskaal­se en kleinboere sal kan sien hoe hulle in dié streek vooruit kan boer met tegnologie en die regte masjinerie.
BO: Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika bied ’n groot buitelug-uitstallin­g aan besoekers saam met verskeie demonstras­ies van werktuie. Grootskaal­se en kleinboere sal kan sien hoe hulle in dié streek vooruit kan boer met tegnologie en die regte masjinerie.
 ??  ?? Die amptelike foto van verlede jaar se sprekers, vennote en regeringsa­mptenare by Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika. Die geleenthei­d word vanjaar die vyfde keer aangebied. Die ekspo word deur die regering en verskeie landboubes­ighede ondersteun.
Die amptelike foto van verlede jaar se sprekers, vennote en regeringsa­mptenare by Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika. Die geleenthei­d word vanjaar die vyfde keer aangebied. Die ekspo word deur die regering en verskeie landboubes­ighede ondersteun.
 ?? FOTO’S: SPINTELLIG­ENT ?? Mnr. Vincent Bamulangak­i Ssempijja (naaslinks), Uganda se minister van landbou, dierebedry­we en vissery, praat met uitstaller­s op verlede jaar se Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika in Kampala.
FOTO’S: SPINTELLIG­ENT Mnr. Vincent Bamulangak­i Ssempijja (naaslinks), Uganda se minister van landbou, dierebedry­we en vissery, praat met uitstaller­s op verlede jaar se Agribesigh­eidskongre­s Oos-Afrika in Kampala.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa