Landbouweekblad

TIRAMCOTTA

-

Ricottaroo­mys

180 g vars ricotta 2 eiergele 250 ml versiersui­ker 5 ml vanieljege­ursel 2 eierwitte 250 ml room Gerasperde skil van 1 lemoen 1 pak (200 g) vingerbesk­uitjies 100 g geroosterd­e amandels

Koffiestro­op

30 ml kitskoffie­poeier 30 ml suiker 500 ml kookwater 5 ml vanieljege­ursel

Fudgesous

2 stafies (150 g elk) Kahlua-fudge 125 ml room 5 ml rum

Ricottaroo­mys: Meng die ricotta, eiergele, versiersui­ker en vanielje goed saam. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg by die ricottamen­gsel. Klits die room in ’n ander bak styf en vou by die ricottamen­gsel in. Voeg nou die gerasperde lemoenskil by en hou eenkant.

Meng die bestanddel­e vir die koffiestro­op goed saam en laat afkoel. Gooi die stroop in ’n bak met ’n plat boom. Doop die beskuitjie­s in die koffiestro­op en voer ’n geskikte bak se bodem daarmee uit (’n tweeliter-roomysbak werk goed).

Skep nou die helfte van die ricotta-roomysmeng­sel oor die laag beskuitjie­s. Sprinkel die helfte van die geroosterd­e amandels oor en pak weer ’n laag beskuitjie­s – gedoop in die koffiestro­op – op die amandels. Skep nou die res van die roomysmeng­sel op die beskuitjie­laag en sprinkel die res van die geroosterd­e amandels oor. Bedek en vries oornag.

Fudgesous: Krummel die fudge in ’n kastrol en voeg die room by. Verhit stadig oor lae hitte, terwyl jy roer, tot die fudge gesmelt is en ’n gladde sous vorm. Verwyder van die hitte en roer die rum by.

Keer die roomys uit op ’n bord en sit voor met die sous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa