Landbouweekblad

LIPPLEKKER KORTRIB

-

Vir kook

1 skaap- of beesrib

ui, grof gekap 5 knoffelhui­sies 1 eetlepel swartpeper 2 eetlepels gedroogde, gemengde kruie 2 eetlepels bruinasyn Genoeg water om die rib te bedek

Sny kepies kruis en dwars oor die rib met ’n skerp mes; só kook die vet makliker uit. Sny die rib in stukkies. Sit dit met die res van die bestanddel­e vir 20 minute in ’n drukpot, maar moenie dit kook tot die vleis van die been afval nie. Haal die rib uit en sit op ’n droograkki­e in die yskas. Begin met jou marinade.

Vir die marinade

3 knoffelhui­sies

1/2 rooi ui 5 cm-stuk vars gemmer, geskil

1/2 selderysto­k Hand vol vars pietersiel­ie Hand vol vars koljander 2 eetlepels vissous 2 eetlepels sesamolie 2 eetlepels sjerrie

1/4 koppie van die ribaftreks­el

Sit al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker en pols tot fyn. Die marinade moenie te loperig wees nie; dit moet aan die rib kleef. Wanneer jou rib afgekoel het en droog is, kan jy dit deur die marinade meng en weer in die yskas sit. Ek laat marineer dit vir sowat drie uur, maar hoe langer, hoe beter.

Vir diepbraai

1 pakkie broodkrumm­els (growwe Asiatiese panko-krummels werk goed)

Verhit olie in ’n swaarboomp­ot tot mediumhoog. Die olie moenie te warm wees nie, anders raak die krummels swart en bitter. As dit te koud is, suig die krummels net olie op.

Rol nou die rib (met die marinade daarop) in die krummels en braai tot goudbruin.

Sit dit voor met ’n soja- of soetrissie-doopsousie en garneer met koljander en geroosterd­e sesamsaad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa