Landbouweekblad

WILDBEDRYF SAL HORISON MOET VERBREED

-

Hoewel die wildbedryf tans in ’n drukgang is, is daar steeds geleenthed­e wat wink. Wildboere sal egter buite die kassie moet dink oor waarheen hulle die bedryf wil neem, want die dae van vinnig geld maak, is vir eers verby, sê mnr. Hennie Barnard, ’n lid van Summit Wildlife wat verlede maand ’n suksesvoll­e veiling op Graaff-Reinet aangebied het.

Barnard sê te oordeel na die uitstekend­e opkoms op veilings en wilddae is dit duidelik dat die belangstel­ling in die bedryf geensins getaan het nie. “Die probleem is egter die uitmergele­nde droogte in die Noord-, Oos-, Suid- en WesKaap wat boere se kontantvlo­ei onder groot druk geplaas het. Hulle het eenvoudig nie die geld om wild te koop nie.”

Volgens hom sit veeboere wat in die laaste dekade na wild gediversif­iseer het, in dieselfde penarie. Die politieke onsekerhei­d in Suid-Afrika laat ook diegene met geld twee keer dink oor waar hulle dit wil belê. Ná ’n goue dekade van groei was daar ’n groot aanwas in wildgetall­e.

“Waar ek vyf jaar gelede nog enige prys vir my swartwitpe­nse kon vra, is kopers vandag baie kieskeurig­er. Hulle soek spesifieke teelmateri­aal. Ek meen egter met die daling van 40% in wildpryse die afgelope twee jaar, is die onderste draaipunt nou bereik. Een van die geleenthed­e wat benut kan word, is om met die uitbreidin­g in wildgetall­e maniere te vind om wildsvleis beter te benut en te bemark.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa