Landbouweekblad

Droogte: Skenkings dalk nie volhoubaar

- — AMELIA GENIS

DIE gebrek aan inkomste weens die droogte beteken dat vele boere nie hul skuldverpl­igtinge kan nakom nie, het mnr. Henk van Wyk, voorsitter van Agri NoordKaap, op Agri Namakwalan­d se onlangse jaarlikse kongres gesê.

“In twee jaar van sulke omstandigh­ede kan ’n eens welvarende boer van finansiële welvaart tot finansiële ondergang vorder.”

Van Wyk sê boere in die droogtegeb­iede kan baie dankbaar wees oor die rekordmiel­ie-oes wat die

mielieprys laat daal het en dat boere in die somersaaig­ebiede hul hande en harte oopgemaak het.

“Dit het gemaak dat ons langer kan oorleef in die droogte omdat ’n sak mielies wat verlede jaar op Calvinia R250 gekos het, nou R140 kos. As die prys nog R250 per sak was, was daar min boere in dié wêreld oor.”

Van Wyk sê die boere het “verskrikli­k baie empatie” met hulle, maar wonder hoe volhoubaar die voerskenki­ngs is. Tydens sy onlangse besoeke aan die mieliegebi­ede moes hy dikwels hoor met hoeveel oorlaatsku­ld boere sit. “Toe die eerste somerreën val, het hulle gewonder wat om te plant, want dit lyk of daar ’n oordragvoo­rraad van 5,5 miljoen ton mielies gaan wees.”

TE VER AGTER

Van Wyk sê hy voel amper magteloos, en weet nie waar om te begin om ander planne te beraam nie, veral as hy weet die departemen­t van landbou in die Noord-Kaap is hulle goedgesind, maar kan nie veel doen nie. “Ons kyk met jaloerse oë na die hulp wat boere in die Wes-Kaap kry. Daar is nog proefplase wat werk, en die winste word vir droogtehul­p aangewend.”

Van Wyk het gesê die Land Bank se lenings om die droogte te oorbrug, is nie die regte ding nie. “Dis ’n reddingsbo­ei om deur die droogte te kom. Baie boere is egter te ver agter om die reddingsbo­ei te vat.”

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Vanjaar se rekordmiel­ieoes het die prys van mielies laat daal en groot skenkings aan veeboere in droogtegeb­iede tot gevolg gehad.
FOTO: AMELIA GENIS Vanjaar se rekordmiel­ieoes het die prys van mielies laat daal en groot skenkings aan veeboere in droogtegeb­iede tot gevolg gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa