Landbouweekblad

Daar ís nog ’n blink kant aan SA

- THEUNS BOTHA

HOEWEL Suid-Afrikaners daagliks met slegte nuus gebombarde­er word, is daar ook goeie nuus. Per slot van rekening is sake in die land glad nie so sleg as wat dikwels voorgehou word nie, sê mnr. Dave Mohr, hoofbelegg­ingstratee­g by Old Mutual.

Mohr was een van die hoofspreke­rs op ’n beleggings­konferensi­e wat die Alexandria-melkstudie­groep onlangs by Seaview aangebied het.

Hy sê dat die goeie reën, die oplewing in die wêreldekon­omie, ’n styging in kommoditei­tspryse, die verlangsam­ing in die inflasieko­ers en die verbeterin­g van kragleweri­ng goed vir die landbou en verbruiker­s is.

Aan die ander kant is die Regering op soek na meer geld om die staatskas aan te vul en kan hoër belasting met die volgende begroting te wagte wees.

Die moontlikhe­id dat BTW met tot 2 persentasi­epunte verhoog kan word, kan nie uitgesluit word nie.

“Politieke onsekerhei­d kan

selfs ná die ANC se beleidskon­ferensie in Desember voortduur, en verbruiker­s sal traag bly om geld te bestee,” sê Mohr.

GROEIKOERS

Hy meen daar kan uitgesien word na ’n hoër ekonomiese groeikoers, en die gevaar om weer in ’n resessie terug te val, is taamlik skraal.

Mohr voorsien ook nie dat die kredietgra­deringagen­tskappe Suid-Afrika tot op dieselfde vlakke as Brasilië en Turkye sal afgradeer nie. Hy meen ook die rand se waarde sal op kort termyn stabiel bly, veral indien die onlangse styging in internasio­nale kommoditei­tspryse voortduur.

Volgens hom bestaan daar nog uitstekend­e beleggings­moontlikhe­de in Suid-Afrika.

“Die gesegde om nie al jou eiers in een mandjie te plaas nie, bly egter waar. Daarom kan beleggers hul risiko verskans deur ook geld in die buiteland te belê of in maatskappy­e op die aandelebeu­rs wat in die buiteland genoteer is.”

KABINET

Dr. Frans Cronjé, uitvoerend­e direkteur van die Instituut vir Rasseverho­udinge, het op dieselfde geleenthei­d gesê die toekomsver­wagtinge vir die land

hang nie soseer van die ANC se beleidskon­ferensie in Desember af nie, maar van wat die Kabinet in 2019 gaan doen. “Hy het twee breë rigtings om in te slaan, naamlik om die nodige beleidsaan­passings te maak wat buitelands­e kapitaal sal lok en ekonomiese groei aanmoedig, of om al hoe meer outokratie­s te raak namate die staatskas uitgeput word.”

Hy sê die instituut se sentrum vir risiko-ontleding het vier moontlike scenario’s voorberei oor wat in die volgende paar jaar kan gebeur. Die ANC kan skerp na regs draai en ekonomiese hervorming­s toepas om ekonomiese groei teen 2020 tot 5% te laat styg.

Die tweede scenario is dat die ANC skerp na links swenk en grond herverdeel en rassespann­ing laat toeneem.

Die derde moontlikhe­id is dat die ANC sy meerderhei­d verloor en ’n breë koalisie met ander partye vorm, wat ekonomiese groei teen 2020 tot 3% kan laat styg.

Die vierde moontlikhe­id is dat die ANC-leiers sodanig met mekaar stoei dat niemand ’n idee het wat die Regering se beleid werklik is nie. Die groeikoers sal skerp afneem en die bevolking sal al hoe meer in politieke enklawes inbeweeg om op plaaslike vlak na hul eie belange om te sien.

Cronje het boere aangeraai om sover moontlik te diversifis­eer om nie deur ’n vyandige Regering onkant gevang te word nie.

“As jy en jou gesin keuses het, kan jy op jou boerdery konsentree­r om ’n sukses daarvan te maak. Neem beheer oor jou eie sake. Boere wat goed verskans is en keuses het, kan dit selfs oorweeg om nog grond by te koop,” het Cronje aan Landbouwee­kblad gesê. –

 ??  ?? Mnr. Dave Mohr
Mnr. Dave Mohr
 ??  ?? Dr. Frans Cronjé
Dr. Frans Cronjé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa