Landbouweekblad

Die prys van swak vertroue

’n Ekonoom van die Dartmouth-kollege in Amerika het onlangs gesê korrupsie kan ’n produktiew­e land op sy knieë dwing. Watter impak het dit op die landbou en spesifiek vir die mielieprod­usent wat mielies teen uitvoerpry­se lewer?

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Suid-Afrika se ekonomiese groei raak agter, terwyl die res van die wêreld besig is om te herstel. Weens beleidsons­ekerheid en die vlaag korrupsie wat die land teister, is beleggersv­ertroue laer as wat dit kan wees. Gevolglik verbeur Suid-Afrika beleggings in produktiew­e bates. Dit verswak die land se posisie teenoor wêreldwye mededinger­s.

Volgens die Reserweban­k kan die impak daarvan só groot wees dat die land 1 persentasi­epunt van sy ekonomiese groei (die groei in die bruto binnelands­e produk) daardeur verloor.

Uitvoerpry­se het sedert 2015 skerp gedaal, maar intussen marginaal begin herstel. Anders as in die geval van katoen (+21%) en sojabone (+5%), is internasio­nale mielie- (-6%) en koringprys­e (-12%) steeds laer as in 2015. Hoewel ’n mens nie toekomstig­e produksie-inkomste kan grond op vooruitska­ttings dat die rand gaan verswak nie, speel die rand se waarde wel ’n groot rol in die winsgewend­heid van boerderye en produksieb­esluite.

DIESELPRYS­E

Die Wêreldbank se onlangse kommoditei­tsvooruits­katting en risiko-ontleding dui daarop dat internasio­nale ruolieprys­e van 2015 tot 2016 taamlik skerp gedaal het. Internasio­nale pryse het egter sedert verlede jaar toegeneem en gaan na verwagting volgende jaar verder styg.

Die rand kan weens toenemende beleidsons­ekerheid, verhoogde regeringsk­uld en swak ekonomiese groei verder verswak. Die hoër ruolieprys­e en swakker rand kan saam daartoe lei dat dieselprys­e, gemeet aan vanjaar se gemiddelde prys, volgende jaar 9-11% duurder kan wees. Verbouings­metodes wat die aantal bewerkings verminder sonder om produksie in te boet, sal ál belangrike­r word.

KUNSMISPRY­SE

Internasio­nale prysvoorui­tskattings vir diammonium­fosfaat en ureum dui daarop dat kunsmispry­se nie volgende jaar behoort te styg nie. Suid-Afrika is ’n netto-invoerder van kunsmis. Daarom speel die wisselkoer­s ’n groot rol in ’n mielieprod­usent se kunsmisrek­ening.

Van 2015 tot 2016 het die rand met 15% verswak, waarna dit verlede jaar met 5% versterk het. Die rand kan na verwagting van vanjaar tot volgende jaar weer met gemiddeld 5% verswak. Dit is weens die beleidsons­ekerheid en die waarskynli­kheid van ’n kredietafg­radering. Dus, indien internasio­nale kunsmispry­se nie styg nie, sal die gelande prys van kunsmis volgende jaar waarskynli­k in ooreenstem­ming met die rand se verswakkin­g tot 5% hoër wees.

TOERUSTING

Masjinerie en toerusting gaan duurder word weens die swakker rand. Suid-Afrika se swak ekonomiese groei regverdig nie ’n rentekoers­verhoging nie. Volgens die Reserweban­k se mandaat moet die rand se waarde beskerm word, maar die inflasieko­ers moet ook teen minstens 4,5% per jaar gehandhaaf word. Inflasie het tot 5,1% gestyg en dit kan volgende jaar 5% beloop.

Rentekoers­e behoort volgende jaar dieselfde te bly. Let daarop dat regerings in ontwikkeld­e ekonomieë hul kwantitati­ewe verslappin­gsmaatreël­s begin verminder, ekonomiese groei in dié lande begin toeneem en dat van die sentrale banke aangedui het rentekoers­verhogings is in die vooruitsig. Dié faktore kan druk op die Reserweban­k plaas om rentekoers­e te verhoog en só ’n uitvloei van geld te beperk. Wanneer beleggings­geld uit die ekonomie vloei, soos tydens ’n kredietafg­radering, kan die vraag na die rand skerp daal en dus tot ’n swakker rand lei.

Onsekerhei­d oor faktore soos dié noop produsente om nie langerterm­yn-skuldverpl­igtinge aan te gaan nie. Gevolglik word daar nie in produktiew­e bates belê nie, terwyl ’n belegging in bates wat produktiwi­teit verhoog, juis nodig is om SuidAfrika se landbou mededingen­d te hou teenoor lande waar produsente subsidies kry.

Gemeet aan 2015 blyk dit dat die internasio­nale pryse van oliesaadge­wasse met ’n hoë waarde, soos sojabone, teenoor mielies betreklik gunstig behoort te bly. Die internasio­nale koringprys het sedert 2015 skerp gedaal en internasio­nale koringprys­e kan volgende jaar steeds tot 12% laer wees as in 2015.

GEVOLGTREK­KING

Weervoorsp­ellings dui daarop dat Suid-Afrika vanjaar weer ’n goeie produksiej­aar kan hê. Met produsente se voorneme om teen die huidige prysvlakke te plant, maar steeds vir die uitvoermar­k te lewer, is dit belangrik om daarop te let dat kommoditei­tspryse (uitgesluit enkele gewasse, soos katoen) wêreldwyd onder druk kan verkeer.

Produsente kan verwag dat dieselprys­e volgende jaar in verhouding tot kunsmispry­se meer kan styg en dat geleenthed­e om ’n gunstige prys te verdien, hoofsaakli­k deur die wisselkoer­s bepaal gaan word. Moet dus nie dat die geleenthed­e wat ’n verswakkin­g in die rand by tye bied, laat verbygaan om minstens ’n deel van jou oes se waarde te verskans nie. Dit is een manier waarop jy tred kan hou met ’n styging in produksiek­oste weens ’n swakker rand.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa